Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘Kokkedoor’-man in Kaap ná staptog van 1 645 km

Leroux van Vuuren (50), ’n voormalige finalis in die TV-program Kokkedoor, het Woensdag in Kaapstad aangekom ná ’n staptog van 38 dae oor 1 645 km van Gauteng af.

“Ek kan nie in woorde beskryf hoe ek nou voel nie,” sê Van Vuuren.

Van Vuuren met sy stootwaentjie wat hy “Barbara” gedoop het. Dié het ’n groot gedeelte van die reis meegemaak.Foto: Adrian de Kock
Van Vuuren het op Facebook vertel dat vriende hom Dinsdagaand bederf het en sy voete en lyf masseer en behandel het.Foto: Adrian de Kock

“Baie dankie aan elke Suid-Afrikaner wat my deur die reis gehelp het. Die ondervinding het my lewe verander. Ek is ’n splinternuwe Leroux.”

Van Vuuren het van Vanderbijlpark tot in Tygerberg geloop – ’n afstand van meer as 1 645 km. Hy het die pad gestap in plakkies wat spesiaal vir hom van herwinbare materiaal gemaak is. Dit het 38 dae geduur.

Van Vuuren het die staptog aangepak om geld in te samel vir die slagoffers van die treurspel vroeër vanjaar by Hoërskool Driehoek in Gauteng.

Lees meer hier: ‘Kokkedoor’-bekende stap vir Driehoek-leerlinge

Clarissa van Zyl, hoofmeisie van dié skool, was daar toe Van Vuuren sy reis voltooi het. Van Vuuren het haar en al die ander wat by die reis betrokke was, bedank.

Van Vuuren se hakke ná 37 dae se stap.Foto: Facebook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.