Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Kom kuier saam op Die Burger, Netwerk24 se vrouedag

Die winter is nog grou en vaal, maar bespreek solank ’n lieflike lentekuierdag en kry weer kleur in jou lewe.

Die voorkomsghoeroe, Hannon.

Op Saterdag 14 September word daar by die Venue D’Aria in Durbanville saamgekuier op Die Burger en Netwerk24 se vrouedag. Die tema, ’n Nuwe Seisoen van Vrouwees, kleur die dag in.

Die voorkomsghoeroe, Hannon, gaan sy welbekende grimeertruuks deel. Vir die getroue Hannon-aanhangers is dit dus ’n móét om hierdie saamkuierdag by te woon. Hy gaan persoonlik ’n paar makeovers doen.

Die seremoniemeester is Karien Basson (skrywer en radio-omroeper is net twee van haar hoede), Nedine Blom is die gasspreker en die kitaarspeler Loki Rothman gaan ook daar optree. Die plastiese chirurg, dr. Hilmar Lükchoff, gaan raad gee oor die jongste chirurgiese prosesse.

Verlede jaar is die nagenoeg 1 000 beskikbare kaartjies byna ’n maand voor die geleentheid al uitverkoop en te oordeel aan vanjaar se gehalte van gassprekers gaan die kaartjies weer eens vlieg.

Daar is vanjaar twee sessies, die eerste is om 09:00 en die tweede een begin om 18:00. Daar sal nagenoeg 470 gaste per sessie toegelaat word en elkeen kry ’n geskenkpakkie vol verrassings.

Daar is ook ’n mark met lieflike juweliersware, serpe, leerhandsakke, kimono’s en ontwerpersklere, asook velsorg- en grimeerprodukte. Vanjaar is Bergman, Ross & Vennote en Storm in A-G Cup aan boord as borge en albei sal interessante stalletjies op die dag bedryf.

Karien Basson
Nedine Blom is die gasspreker.

’n Verdere hoogtepunt is die modevertoning en natuurlik kan ’n mens nie die hele dag kuier sonder iets te ete nie. ’n Smaaklike ligte ete sal by die geleentheid bedien word.

Gaste word aangemoedig om hul spoggerigste wit uitrusting aan te trek om by die dekor te pas.

Kaartjies is aanlyn by webtickets.co.za of by jou naaste Pick n Pay teen R380 ’n kaartjie te koop.

Elke jaar word daar ook ’n liefdadigheidsinisiatief ondersteun wat na aan vroue se hart lê. Vanjaar is daar besluit om Bergman Ross se inisiatief te ondersteun waardeur hulle bra’s aan minderbevoorregte vroue skenk. Gaste word daarom aangemoedig om hul ou bra’s te bring en vir hierdie goeie doel te skenk.

Daar is nog beperkte uitstalruimte vir uitgesoekte uitstallers beskikbaar, maar stalletjies is onderhewig aan ’n streng keuringsproses.

Loki Rothman gaan optree.
Kom kuier saam by die Die Burger en Netwerk24 se vrouedag, soos hierdie vroue wat verlede jaar saam vrouwees gevier het.Foto: Natalie Gabriels
Meer oor:  Die Burger  |  Netwerk24  |  Vrouedag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.