Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
KORONA: Tuisbly-projekte vir oud en jonk
Soos Suid-Afrikaners toenemend begin tuisbly om onsself en ons gesinne teen die koronavirus te beskerm is die groot vraag hoe ons dit gaan regkry sonder om ons varkies te verloor.

Hier is ons "Tuisbly-oorlewingspakkie" met wenke vir groot en klein: Van selfdoen-dekorprojekte, tuinmaak-inspirasie tot tuisbly-oefeninge en aflaaibare oefenvraestelle vir laer- en hoërskoolleerlinge sodat die kinders voorbereid die nuwe skoolkwartaal kan aanpak. 

1. LEER-LEER HIERDEUR

Foto: Unsplash
Foto: Unsplash

VIR JOU SKOOLKIND

Met Beeld Onderwys se leer-en-presteerprogram kan jy oefenvraestelle én memorandums vir grade R tot 12 gerieflik hier aflaai.

Klik hier en laai af: graad R tot graad 12 


VIR JOU PEUTER

Die Burger se oulike Snuffels-hondjie sal die jonger outjies tussen vyf en agt met die Word Slim met Snuffels-aktiwiteitegids help leer en ontdek. Aktiwiteite sluit wiskunde, rympies en inkleur-aktiwiteite in. 

Klik hier en laai af


SKOOLTAKE

skooltake

Oor die jare heen ondersteun Huisgenoot skoolkinders in sy weeklikse tydskrif én digitaal met feitelik korrekte inligting vir skooltake. Besoek die skooltake-afdeling en help jou kind só om vir die nuwe kwartaal voor te berei, veral as die skool in die verlengde vakansie huiswerk gegee het. 

Klik hier


PRETBLAAIE VIR DIE JONGSPAN

Laai hiér 6 Weg-uitgawes se pretblaaie af, druk dit uit, en geniet! Die kinders sal hierdeur ook interessante feite oor ons omgewing en dierelewe leer. 

pretblaaie
pretblaaie


LEESLYS VIR DIE JONGSPAN

Bekroonde kinderboekskrywer, Jaco Jacobs, het op Afrikaans.com sy 10 gunstelingboeke vir kinders gelys

leeslys
leeslys


 OPVOEDKUNDIGE YOUTUBE-KANALE

1. Hier's hulp as jy die werking van 'n virus aan jou kleuter moet verduidelik. 

2. CRASH COURSE KIDS

3. SCISHOW KIDS

4. NATIONAL GEOGRAPHIC KIDS

5. THE BRAIN SCOOP

6. SCIENCE CHANNEL


DOEN 'N AANLYNFOTOKURSUS

Weg fotokursus
Foto: Cindy Bester

Ons almal is dalk nou meer binnenshuis met meer tyd op hande vir dáái projek wat jy nog altyd wou aanpak. Daar kan seker nie ’n beter tyd as nou wees om ’n aanlynkursus te doen nie, of hoe?

Doen Weg-tydskrif se aanlynfotokursus – ideaal vir enige fotograaf wat hulle vaardighede wil slyp. Jy kan dit voltooi in jou eie tyd en eie pas, in Afrikaans, en gerieflik by die huis. Jy het lewenslange toegang tot die lesse, sluit aan by ons eksklusiewe Facebook-groep vir leerders, en meer!

SKRYF IN: https://neembeterfotos.weg.co.za/


2. SELFDOEN-PROJEKTE

Foto: Tuis
Foto: Tuis

VIR JOU HUIS

Tuis-tydskrif het 'n hele kategorie propvol inspirerende klein stap-vir-stap-dekorprojekte wat vinnig 'n groot verskil in jou huis kan maak. Laat die hele gesin sommer help! Baie van die projekte het ook stap-vir-stap-video's.

Klik hier 

JOU VOLLEDIGE VERFGIDS

verf dit

Al die inspirasie en verf-idees wat jy kan vra – van slim tegnieke en kleurskemas tot vernuftige selfdoenwenke. Voeg net kleur by!

Klik hier


Foto: Tuis

VIR JOU TUIN

Tyd in die natuur is beslis die beste medisyne in hierdie tyd. Herskep jou tuin in 'n lushof vir sielerus. 

Kry als van 'n tuindagboek, lesers se inspirerende tuine, raad deur voorste tuinkenners soos JJ van Rensburg en Gwen Fagan (rooskenner) en 'n fokus op spesifieke plante. 

Klik hier


Jogurtlollies

3. KOOK SAAM AS GESIN!

Raak kreatief agter die kospotte!

Resepte vir die kleinspan

Weg-tydskrif het tien smulresepte – vyf soet en vyf sout – wat jy saam met jou kinders kan maak, saamgestel.

Klik hier

Bak uit 'n boks!

Huisgenoot verrig wondere met bakmengsels uit ’n boks – en nou kan jy ook! Maak eenvoudige wortel- en vanieljekoek, skons, muffins en kolwyntjies in spoggebak vir teetyd.

Klik hier

Klapperkors-sjokoladebrownies
Klapperkors-sjokoladebrownies

Bak jou eie brood

Daar's ’n brood in die oond ... en die aroma laat almal se mond water. Voeg net ’n handvol olywe, cheddarkaas en biltong by, en moenie verbaas wees as daar nie eens krummels oorbly nie. Probeer gerus hierdie maklike broodbakresepte van Herman Lensing, Sarie se kosredakteur. 

bak jou eie brood
Foto: Sarie

Klik hier 

LEES OOK:

5 smullekker resepte met 1 pakkie maalvleis

5 smullekker resepte vir 'n sakpas begroting


4. VERMAAK: LUISTER, KYK & LEES

Foto: Unsplash
Foto: Unsplash

NUUT OP NETWERK24: LUISTERDRAMA!

Netwerk24 het in 2019 vir die eerste keer ’n luisterdrama-kompetisie aangebied en skrywers genooi om ’n luisterdrama vir dié nuuswebwerf te skryf. Anton Treurnich, ’n skrywer van George, het die kompetisie (en die prysgeld van R100 000) gewen met sy hartroerende luisterdrama Sê maar so long. Dié drama is onlangs opgeneem met die veteraanakteur Chris van Niekerk in die hoofrol en kan nou op Netwerk24 geluister word.

Dis 'n storie oor ’n liefde wat nie kon blom nie, ’n skat wat nooit gevind is nie en ’n plek wat nie meer bestaan nie.

Luister hier na Sê maar so long

luisterdrama


LUISTERBOEK VAN DIE MAAND 

Het jy geweet dat Netwerk24 en NB Uitgewers élke maand 'n Afrikaanse luisterboek vir aanlyn luister beskikbaar stel?

Gunsteling-boeke wat al as luisterboeke beskikbaar gestel is, is Dalene Matthee se Kringe in 'n bos, Dana Snyman se Op pad, Die swerfjare van Poppie Nongena deur Elsa Joubert en Eindspel deur Wilna Adriaanse.

Aprilmaand se luisterboek is F.A. Venter se Man van Cirene.

Klik hier


LEES: TWEE NUWE VERVOLGVERHALE

Lapa vervolgverhale

Elke dag onthul ons 'n nuwe hoofstuk uit twee topboeke van Lapa Uitgewers - Eendag is nou deur Kristel Loots en Huis van gruwels, soos vertel aan Susan Cilliers.

Klik en lees begin hier


LUISTER: KONINKLIKE KNIEKNIK

As jy élke brokkie nuus oor die Britse koninklikes verslind, is hierdie nuwe podsending-reeks, Koninklike Knieknik, nét die ding vir jou! 

Arlene Prinsloo, webredakteur van Netwerk24 en kenner van alles koninklik, bied dié reeks aan. Sy is Suid-Afrika se voorste kenner van die koninklikes en skryf gereeld berigte en rubrieke oor die koninklike familie vir Netwerk24.

Sy het ook Engeland toe gevlieg om vir prinses Diana se begrafnis in die skare te staan, asook vir die troues van prins Harry en prins William.

Klik en luister


KYK: NETWERK24 TV

netwerk24tv

Fuifkyk sommer nét hier op Netwerk24 se eie TV-kanaal!

Verlede jaar se blitssepie, Die Testament, was 'n eerste in Suid-Afrika.

Nóú kan jy ook die blitsreeks, Op en af, geniet! Gaan kuier op Netwerk24 TV vir ander Via-reekse soos Blitsbrein Jr., Kuier-mense, Ete vir twee, Geldhelde, Groen en goud


LEES: ONTSPAN MET AL JOU GUNSTELING-E-PUBLIKASIES

tydskrifte tuis

Onthou dat jy ál jou gunsteling-tydskrifte en daaglikse koerante in e-formaat gerieflik aanlyn kan lees – perfek vir tuisbly-tyd!

Klik op E-publikasies in die Netwerk24-navigasie op jou rekenaar, slimfoon en in jou app.


HUISGENOOT-KORTVERHALE 

Bly binne, lê terug en lees lekker kortverhale wat weekliks in Huisgenoot verskyn.

Illustrasie: Michael de Lucchi
Illustrasie: Michael de Lucchi


10 PRETTIGE BINNESPELETJIES VIR DIE JONGSPAN

Met dié 10 aktiwiteite verander jy ’n grys winterdag in ’n dag wat leerryk en opwindend is. 

LEES OOK: Oulike kunsvlytprojekte vir die kleinspan

Foto: Unsplash.com
Foto: Unsplash.com


5. VERSORG JOUSELF EN BLY GESOND

LUISTER: DIE BLYDSKAP-PROJEK

Blydskap-projek
Blydskap-projek

So, wat kan ’n mens daadwerklik doen om ’n bietjie gelukkiger te wees? Antieke wysgere en moderne wetenskaplikes krap eeue lank al kop oor hoe ’n mens op jou gelukkigste kan wees. Die afgelope paar jaar is daar ál meer konkrete antwoorde. So, wat kan ’n mens daadwerklik doen om ’n bietjie gelukkiger te wees?

Johannes de Villiers, skrywer van die boek Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n gelukkige lewe, bied dié podsending aan waarin hy nuwe bevindings uit die positiewe met lesers sielkunde deel.

Ons gesels ook oor die ou tegniek van 'mindfulness'. Hopelik kan dit ons almal help om so ’n bietjie meer tuis in ons eie lewe te voel
Johannes de Villiers

Klik en luister


TUISBLY-OEFENINGE

* 30-DAE-JOGA-PROGRAM 

Slanker met Sarie

TUISPROGRAM MET OEFENINGE EN EETPLANNE

Sarie het 'n gesonde eet-en-oefenplan deur kenners laat ontwerp om jou lyf in sy beste toestand nóg te kry – alles in die gemak van jou eie huis. Die Slanker met Sarie-program sluit 'n oefenprogram oor 12 weke met daaglikse oefensessies en stap-vir-stap-oefengidse in asook eetplanne wat maklik is om te volg.  

Klik en teken in op die Slanker met Sarie-program


BEHEER JOU ANSTIGHEID SÓ

NOG TUISBLY-WENKE

* Vasgekeer tuis: Hier's Huisgenoot se volledige gids vir jou om corona-kajuitkoors te oorleef

Bel só gratis tydens staat van inperking

DStv maak handvol kanale gratis

* Jou middagete nou gratis afgelewer

* Werk só van die huis af 

* Bekendes verhoed só 'cabin fever' en nog raad

* KYK: Oulike handewas-eksperiment vir jou kind

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.