Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Krieketspeler haak af met Brit in Paarl

’n Oudleerling van Boishaai in die Paarl wat in Engeland krieket speel, het Saterdag met ’n Britse vrou in Suid-Afrika getrou.

Dawid en Claire Malan het op die landgoed Diamant Estate buite die Paarl afgehaak en ’n foto is daarna op sosiale media gedeel.

View this post on Instagram

I now have a sister??‍??‍??

A post shared by Liné Malan (@line12malan) on

Dawid (32), wat aan die Hoër Jongenskool Paarl gematrikuleer het, het sy krieketloopbaan in die Boland begin en speel sedert 2006 krieket in Engeland, waar hy klubs in die Twenty20 Cup-toernooi verteenwoordig.

Sy suster, Liné Malan, ’n voormalige lid van die Suid-Afrikaanse vrouehokkiespan, het die foto op haar Instagram-profiel gedeel.

Luidens haar Facebook-profiel is Claire van Glasgow afkomstig en woon sy in Londen.

Dawid het verlede maand sy eerste honderdtal in Twenty20 International-krieket teen Nieu-Seeland aangeteken, wat ook die vinnigste honderdtal deur ’n Engelse kolwer in ’n T20I-wedstryd was.

Meer oor:  Dawid Malan  |  Paarl  |  Krieketspeler  |  Troue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.