Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘Kru taal’ kan op Kaapse strande beboet word

Besoekers aan Kaapstad se strande kan ’n boete vir “kru en aanstootlik taal” opgelê word indien dié voorgestelde verordening vir strande aanvaar word.

Die publiek het tot 2 September om kommentaar en insette op dié konsepverordening van die metroraad te lewer.

Met die verordening sluit ongewenste gedrag op strande in die beskadiging van toerusting en geriewe, om ander in gevaar te stel, om glas na ’n strand of swembad te neem, onvanpaste, steurende of gewelddadige gedrag, en om jou lyf op onvanpaste wyse te ontbloot of onbetaamlike dade uit te oefen.

“Kru of aanstootlike taal” val ook onder dié ongewenste gedrag in die konsepverordening.

Mense wat die verordening oortree kan ’n boete ontvang of, as hulle skuldig bevind word, tronkstraf van nie meer as twee jaar nie.

Die hof kan ook beveel dat iemand wat skuldig bevind is die skade wat aangerig is moet herstel, die metroraad se koste weens die oortreding moet dek, of skadevergoeding moet betaal.

Verder verbied die verordening die verkoop van drank, dwelms en kos, die gebruik en besit van drank of dwelms en om onder die invloed te wees op die strand, sowel as om met goedere te smous, vertonings te lewer of diere te slag tensy geskrewe goedkeuring van die metroraad bekom is.

Volgens die metroraad beoog hy met die verordening om seker te maak dat die kuslyn en die geleenthede wat dit bied “aan alle Kapenaars en Suid-Afrikaners behoort”.

Ons kan nie die potensiaal wat dit vir ekonomiese groei bied, oorskat nie. Dit is ’n openbare bate wat bewaar en beskerm moet word.

Dit moet ook verseker dat die kusgebiede bestuur en vir toekomstige geslagte bewaar word, asook om dit te beskerm teen omliggende private eiendomme, besoedeling en stropery.

Marian Nieuwoudt, burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike beplanning en die omgewing, het op 1 Augustus in ’n verklaring gesê die kuslyn van meer as 307 km dra sowat R40 miljard jaarliks tot die plaaslike ekonomie by.

“Ons kan nie die potensiaal wat dit vir ekonomiese groei bied, oorskat nie. Dit is ’n openbare bate wat bewaar en beskerm moet word. Dié konsepverordening sal ons bystaan om ons kuslyn beter te bestuur en in staat stel tot wetstoepassing van bedrywighede wat die omgewing kan beskadig.”

Die metroraad het ook agt openbare vergaderings oor die konsepverordening wat van 6 tot 27 Augustus aangebied word vir inwoners om vrae te stel en kommentaar te lewer.

“Eenvoudig gestel moet die verordening veiliger en skoner strande help skep, vry van rommel en besoedeling, om die seelewe van stropery te beskerm, veiligheid op ons strande te verbeter en die publiek se reg tot toegang om strande en die see te geniet, bevorder.”

Die konsepverordening vir kusgebiede kan op die metroraad se webwerf by www.capetown.gov.za/haveyoursay gelees word, en by alle subraad-kantore en biblioteke in die metro.

* Lees die konsepverordening hier.

Meer oor:  Kru Taal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.