Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Kuierplekkie se liggies skyn helder

Ons Kuierplekkie, ’n voor- en naskoolsentrum in Brakpan, het Saterdag met hul skoolkonsert gewys hoe helder hul liggies werklik skyn.

Dié konsert met die tema “My liggie skyn helder” is in die Laerskool Dalview se skoolsaal gehou.

Die leerlinge aan die Ons Kuierplekkie voor- en naskoolsentrum wys hoe helder hul liggies skyn.

“Die saal was stampvol.

“Die leerlinge, hul ouers, grootouers en selfs hul uitgebreide familielede het dit terdeë geniet,” sê Nolan Partington, mede-eienaar en bestuurder by die sentrum.

Sowat 430 mense het die konsert, wat deur kinders tussen een en ses jaar oud opgevoer is, bygewoon.

Chloé Steyn, ’n gr. RR-leerling aan Ons Kuierplekkie op die aand van die konsert.
Sommige ouers het ook uitspattig aangetrek. Op die foto is Roelof en Cindy van der Walt.
Meer oor:  Brakpan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.