Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Kul jou hier, kul jou daar
Die Instagram-gebruiker @Studio_pigeon van New York het ’n ketel en foto gebruik om te wys hoe hy kamtig oor die see vlieg.

Waarheen is die dae wat ’n mens sommer op ’n vliegtuig kon spring om die wêreld te verken?

Covid-19 het dit natuurlik kom steel.

Of dit nou ’n vlug na ’n eksotiese internasionale bestemming was, of ’n oranje of ’n groene wat jou na Suid-Afrika se wêreldklasvakansieplekke neem, ons mis dit!

Sosialemedia-gebruikers wat smag na die dae van vakansies het ’n plan beraam om steeds “vakansiefoto’s” vir hul volgelinge te kan laai. ’n Paar Weense worsies plus ’n foto van ’n eilandbestemming en siedaar, jy’t sonbruin bene op die strand.

’n Toiletsitplek/koffiebeker/skêr se handvatsel plus ’n prentjie van ’n vliegtuigvlerk/stadskim en jy’t ’n foto van die venstersitplek by jou gunstelinglugdiens op pad na jou liefling-stad.

Hier is ’n paar lekker voorbeelde.

Die Instagram-gebruiker @Studio_pigeon van New York het ’n ketel en foto gebruik om te wys hoe hy kamtig oor die see vlieg. Foto: Instagram
’n Paar Weense worsies op ’n piering word maklik ’n fopvakansiefoto. Foto: Facebook
’n Mens kan sien die Instagram-gebruiker @stevenlamosca het amper net soveel pret gehad om hierdie foto’s te neem as om op ’n regte vakansie te gaan. Foto: Instagram
@pro_repinu het hierdie foto’s geneem juis om te wys dat alles wat jy op Instagram sien, nie noodwendig die werklikheid is nie. Foto: Instagram
TikTok se amptelike Japannese Instagram-blad het hierdie video gedeel van iemand wat deur die oog van ’n wasgoedseepbottel kamtig oor die vulkaniese berg Fuji vlieg. Foto: Instagram
TikTok se amptelike Japannese Instagram-blad het hierdie video gedeel van iemand wat deur die oog van ’n wasgoedseepbottel kamtig oor die vulkaniese berg Fuji vlieg. Foto: Instagram

Wees kreatief! Stuur dit na alet@media24.com. Ons sal die beste kies en plaas.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.