Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
KYK: Bromponies ry langpad om sentrum te help

’n Groep bromponieryers van die Thirsty Thursday- (TT) klub hoop om met hul weeklange toer op grondpaaie van Bloemfontein na Kaapstad sowat R100 000 vir die Beudene-dagsorgsentrum vir gestremde kinders in Bloemfontein in te samel.

Hul vyfde jaarlikse TT2Sea-“dorslandtrek” het Saterdag uit Bloemfontein vertrek, en gou moes hulle by Abrahamskraal vir verversings stilhou.

Die “groepie ouens wat van pret hou” kom elke Donderdag in Bloemfontein bymekaar wanneer die dors hulle onderkry. Planne en toere word dan druk bespreek, waarna borge gewerf word.

Stiffie Stevenson, leier van die prettige groepie, spog met vier sterre op sy hemp; dus vier toere die afgelope vier jaar.

“Ons het almal bromponies gekoop wat minder as R5 000 kos en ry net met grondpaaie deur die land. Ons is 14 ouens, en die 15de man ry met die ondersteuningsvoertuig waarin groot luidsprekers staangemaak is. Op die sleepwa is ’n groot koelhouer en onderdele indien die bromponies onklaar raak.

“Ons word deur verskillende maatskappye geborg. Elkeen betaal sy eie kos en verblyf. Ons kampeer en slaap soms by gastehuise. Baiekeer word ons gratis slaapplek aangebied.”

Die klere en beddegoed, en drinkgoed, word in die ondersteuningsvoertuig gehou.

“Omdat ons baie dors is, ry ons maar naby die ondersteuningsvoertuig.”

Die groep bestaan onder meer uit dokters, prokureurs, boere en verkoopsverteenwoordigers.

Die vorige jare se toerbestemmings was Durban, Umtata, Jeffreysbaai en Mosselbaai. Die toere duur gewoonlik ’n week omdat hul gemiddelde spoed maar stadig is.

Die Beudene-kinderdagsorgsentrum is in Rayton, Bloemfontein. Dit is reeds 18 jaar oud en huisves tussen 40 tot 65 mense per dag. Die grade van gestremdheid wissel en sluit toestande soos serebrale gestremdheid en outisme in.

Die sentrum bied volgens sy webwerf veilige en stimulerende omstandighede waarin kinders se onafhanklikheid en sosiale gedrag en aanpassing ontwikkel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.