Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
KYK: Donkie en brak-‘bestie’ altyd reg vir 'n happie

Op ’n Vrystaatse hoewe wei ’n donkie en haar skaduwee, ’n steekhaarfoksterriër, saam en hulle is kop in een mus, of altans een deur, wanneer dit by waatlemoen-bedel kom.

Waatlemoen gaan nie ongesiens verby Raspberry, die eenjarige donkie van Groenvlei buite Bloemfontein, en haar boesemvriend, Rusty (2), nie.

Daarom het twee groot ore en ’n teddiebeergesiggie Donderdag by die egpaar Lisa en Philip Nel se deur ingeloer terwyl hulle aan waatlemoen smul.

“Hulle het albei hul kop om die hoek gesteek om te sien waar die waatlemoen is en ek het uitgegaan en vir Raspberry gevoer,” vertel Nel van haar skattige diere.

Raspberry het toe met haar voorste twee hoewe op hul stoep gestaan, terwyl Nel haar voer en sy die waatlemoen verorber. Sy is lief vir die waatlemoenskil.

Eet iemand waatlemoen? Waar is ons s’n? Die donkie Raspberry en Rusty bedel waatlemoen by die deur.

Nel sê dié twee doen alles saam en deel boonop ’n liefde vir waatlemoen. Rusty wei selfs saam!

Nel se droom om ’n donkie te kry, is verlede jaar bewaarheid toe hulle Raspberry op die ouderdom van drie maande gekry het.

Raspberry en Rusty het onmiddellik by mekaar aanklank gevind. Die ander steekhaarfoksterriër, Luna, hang ook soms saam met hulle uit.

“Jy kan nie ongelukkig wees as jy ’n donkie en steekhaarfoksterriërs het nie,” sê Nel.

Sy sê Raspberry loop vryelik op die hoewe en steek graag haar kop by vensters en deure in om te groet.

“Sy lê saam met die honde, hulle almal ontspan net saam. Hulle is baie oulik.”

Raspberry, Rusty en Luna, op hul hoewe in Groenvlei buite Bloemfontein.

Raspberry is baie saggeaard en liefdevol en lief vir ’n rug-, boud- en magiekrap. Sy hou daarvan om saam met haar gesin te gaan stap.

Benewens waatlemoen, is sy ook gek oor wortels en vars tefgras (’n tipe voer).

“Sy maak piepgeluide om hallo te sê en roep my elke oggend voor 06:00 uit haar stal vir haar ontbyt.”

Lisa Nel en haar geliefde donkie, Raspberry. Foto: Marie Nel

Nel sê met die pandemie kon sy baie tyd met Raspberry deurbringen daarom is sy baie mak.

“Ek wou nog altyd ’n donkie gehad het en ek is mal oor die idee dat daar ’n lyn oor die donkie se skouers is, soos ’n kruis. Alle donkies het ’n kruis op hul rug, omdat hulle Jesus dra, natuurlik.”

Raspberry kry in April ’n donkiemaat, Rosy.

Nel sê daar is baie belangstelling in Raspberry se doen en late en sy het ’n Intagram-rekening, @raspberry_luna_rusty, vir hul diere begin.

Meer oor:  Lisa En Philip Nel  |  Groenvlei  |  Donkie  |  Waatlemoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.