Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
KYK: Huisvrou se koekbakkery laat Facebook skater

Sy het eerlikwaar nie gedink om ’n koek met tierlantyntjies te bak, is só moeilik nie.

So lyk die koek wat Shanique Kleinhans vir haar skoonpa gebak het.

So sê Shanique Kleinhans (26), ’n huisvrou van Stoffberg in Mpumalanga, oor ’n video van haar koekbak-poging op Facebook wat in die 20 uur nadat dit geplaas is al meer as 65 000 keer gekyk is.

Die koek, kompleet met ’n trekker daarop, was vir haar skoonpa, Dries Kleinhans. Hy boer en het Sondag sy 56ste verjaardag gevier.

“Hy was mal oor die koek,” sê sy. “Ek was bekommerd oor hoe die versiering gaan proe, maar hy het baie daarvan gehou.”

In die video vertel Shanique, kompleet met groen kleursel op haar gesig, onder meer oor hoe maklik sy gedink het dit sal wees om die koek te bak en te versier, en hoe sy en haar kombuis ná die tyd gelyk het.

Sy wou groen en bruin versiersel gebruik vir die grond en gras. Sy het egter van die gras vergeet, en toe gewone suiker by die bietjie versiersuiker gebruik wat nog oor was.

Die twee lae van die koek het ook van mekaar afgegly toe sy dit met karamel aan mekaar wou vasplak, en sy moes toe stokkies gebruik om dit op hul plek te hou.

Toe sy die koek versier het sy gesukkel om die versiersuiker uit die buis gedruk te kry en die volgende oomblik was daar ’n “groen versiersuiker-ontploffing”. “Alles was vol versiersuiker,” sê sy. “Ek, my dogtertjie, Nieke (11 maande), die hond, Pietertjie, die tafel én die koek.”

Sy gooi toe groen kleursel by die bruin versiersuiker, maar dit het ’n “bietjie soos ‘koeik** gelyk”, volgens haar man, Ernst. Dit was ook baie slap.

Die twee lae van die koek het ook van mekaar afgegly toe sy dit met karamel aan mekaar wou vasplak, en sy moes toe stokkies gebruik om dit op hul plek te hou.

Toe Shanique mielieblom byvoeg, het die versiersuiker uiteindelik styf geword en het dinge meer vlot verloop.

Die video eindig waar sy mense aanraai om eerder ’n koek te gaan koop “en ’n trekker daarop te plak”.

Volgens Shanique was die video bedoel vir haar ma, Estelle Coxon, wat die “eintlike baasbakster” is. Dié het haar egter oortuig om die video op Facebook te sit omdat dit so snaaks is.

Sy sê sy het glad nie verwag dat so baie mense na die video sou kyk nie.

Sy hét al koek gebak, “maar niks so erg soos dié nie”, sê sy.

Meer oor:  Shanique Kleinhans  |  Dries Kleinhans  |  Stoffberg  |  Mpumalanga  |  Bak  |  Koekbak  |  Koek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.