Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
KYK: Kaapstad-karnaval skud sy vere reg
Kuhle Mditshwa, prof. Rachel Jafta, voorsitter van die Kaapstad-karnaval, en Ntembeko Njabak. Foto: Jaco Marais
Tina Jada en Zandile Dumile in hul kostuums vir die karnaval. Foto: Jaco Marais

Kleurvolle vlotte, kostuums en poppe het Donderdag ’n voorsmakie gegee van hoe dit op 16 Maart by die 10de Kaapstad-karnaval gaan lyk.

Die organiseerders het die media en skenkers genooi na die werkswinkel in Maitland waar die vlotte gebou word.

Die tema vanjaar is “Vuka Ukhanye: Arise and Shine!” en beeld Kaapstad se gees uit, luidens ’n verklaring deur Kaapstad-karnaval.

Kuhle Mditshwa en Ntembeko Njaba in hul kostuums vir die karnaval. Foto: Jaco Marais

Vanjaar se vlotte sluit ’n monster in wat mense se “vrese besweer” en ’n verligte marionet ‘Vukani’, wat illustreer hoe die mens sy beperkende oortuigings kan afskud.

Prof. Rachel Jafta, voorsitter van die Kaapstad-karnaval Trust, sê dit is ongelooflik om te sien hoe die vlotte van ’n idee tot ’n finale produk vorder.

Vanjaar se skenkers sluit in Media24, MultiChoice, die Kaapstad-metro, die departement van kuns en kultuur, die Nasionale Loterye-kommissie, Kfm, die Wes-Kaapse regering, Tsogo Sun, die Wes-Kaapse Toerisme, Wes-Kaapse handelsbevorderingsagentskap (Wesgro), Peninsula Beverages, en Gearhouse.

Kleremakers besig met ’n kostuum vir die karnaval. Foto: Jaco Marais
Meer oor:  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.