Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
KYK: Kapenaars geniet Halloween

Tientalle besoekers het hulle Donderdagaand vir Halloween opgetooi en Die Spookhuis in D’urbanvale, Kaapstad, besoek waar dié aand al ’n dekade gevier word.

Volgens Francois Geldenhuys, die eienaar, het hy tien jaar gelede hiermee begin.

“Ons het ’n huis in die gebied gekoop en sit die aand van Halloween hier. Skielik klop iemand aan die deur en ek hoor net: ‘Trick or treat?’ En ek vra vir my vrou: Jitte, woon ons nou in Amerika? Ons trick or treat mos nie hier nie.”

Die gemeenskap van D’urbanvale geniet Halloween. Foto: Jaco Marais

Hulle het nie oopgemaak nie, want hulle het nie lekkers gehad nie. “Ons was bang die kinders is kwaad vir ons.”

Toe bou hy in 2009 ’n monster, koop lekkers en sit ’n rooi lig voor die deur. Tien kinders het opgedaag. Hy het hulle eers lekker skrikgemaak en toe vir hulle lekkers gegee.

Die jaar daarna het hy twee monsters gebou en onder meer spinnerakke. Toe daag 20 kinders op.

Een van die bangmaakgoed in Francois Geldenhuys se spookhuis in Muisvoëlstraat. Foto: Jaco Marais
Selfs grootmense geniet Francois Geldenhuys se spookhuis.Foto: Jaco Marais

Dit het elke jaar meer geword en hy het besluit om ’n spookhuis langs sy huis te bou. Nou staan die mense tou om Die Spookhuis te besoek. Selfs grootmense is so opgewonde soos kinders daaroor en kom van so ver soos Somerset-Wes en die Paarl om dit te beleef.

“Die kommentaar wat ek kry, is ongelooflik. Die mense sê dit is lekker om saans in die strate te kan loop sonder om bang te wees. Daar heers ’n lekker atmosfeer as jy met vreemdelinge praat wat vir Halloween opgetooi is.

“Volgende jaar sal dit egter die laaste keer wees weens ’n jare lange stryd met ’n buurman wat nie daarvan hou nie,” sê hy.

Kinders ‘trick or treat?’ in D’urbanvale.Foto: Jaco Marais
Baba-Batman, Edward Miles, met ’n emmertjie lekkers.Foto: Jaco Marais
Meer oor:  Kaapstad  |  Halloween
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.