Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
KYK: Geldknyp demp nie gees, wys dié 'Jerusalema'-passies

Ten spyte van ’n ernstige geldknyp in die Mangaung-metro se brandweerdiens is sowat 24 brandweerlede vuur en vlam vir die metro se Jerusalema-danskompetisie waarin die verskillende subdirektorate met mekaar meeding.

Qondile Khedama; hoofbestuurder: kommunikasie, sê hy is baie trots op die munisipale werkers wat in so ’n goeie gees aan die kompetisie deelneem. Al die subdirektorate moet video’s van hul Jerusalema-vertoning indien waaruit ’n wenner dan gekies sal word.

Chris Lamprecht, hoofbestuurder: nooddienste van die metro, sê die feit dat die personeel die inisiatief geneem het en self die kompetisie georganiseer het, wys wat hul gesindheid is.

Die deelnemers van die Mangaung-metro se brandweerdiens aan die metro se Jerusalema-danskompetisie. Foto: Russel van Deventer

Netwerk24 verneem hoewel drie van die sewe brandweerstasies in die metro weens geldknyp gesluit staan en net 50% van sy personeelkorps beskikbaar is om in die uitgespreide metrogebied hul werk te doen, is die gees op grondvlak nog positief.

“Sowat 24 baie positiewe brandweermanne en -vroue het Woensdag ingespring en besluit om die draaiboek self te skryf, self redigering te doen en self die kamerawerk te behartig toe hulle die video vir die interne kompetisie opgestel het waar hulle tussen hul rooi brandweerwaens voor die hoofbrandweerstasie in Aliwalstraat in Bloemfontein gesing en gedans het. Hulle het weer die hele Erfenisdag-oggend geoefen.”

“Jerusalema” is ’n lied van die Suid-Afrikaanse musiekjoggie en platevervaardiger Master KG saam met die Suid-Afrikaanse sanger Nomcebo Zikode.

Sowat 24 van die Mangaung-metro se brandweerlede in aksie in die Jerusalema-danskompetisie van die metro. Foto: Russel van Deventer
Die brandweermanne en -vroue hard aan die oefen vir ’n interne Jerusalema-danskompetisie vir subdirektorate in die metro. Foto: Russel van Deventer
Bloemfontein se brandweermanne en -vroue kan nie net met lere teen hoë geboue opklim om brande te blus nie, maar ook die Jerusalema-danspassies uithaal. Foto: Russel van Deventer

Dit is in November verlede jaar uitgereik. Begin vanjaar het ’n Angolese dansgroep se video waarin hulle op die liedjie dans, begin aandag trek en het mense van oor die wêreld heen die danspassies begin namaak.

Video’s van nonne en priesters tot petroljoggies en gesondheidswerkers het soos ’n veldbrand op die internet versprei onder die hutswoord #JerusalemaChallenge en die opgewekte gospel-liedjie het ’n wêreldwye inspirasie tydens die koronaviruspandemie geword.

’n Hervermengde weergawe saam met die Nigeriese Burna Boy is op 19 Junie vanjaar uitgereik. Dit het toptrefferlyste in die VSA gehaal.

Dit het hierna die eerste posisie in België en Switserland behaal, terwyl dit in verskeie Europese lande ook onder die toptien was.

’n Tweede hervermenging met die Venezolaanse sanger Micro TDH en Colombiaanse sanger Greeicy is op 17 September uitgereik.

Meer oor:  Kompetisie  |  Mangaung-Metro  |  Jerusalema
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.