Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
KYK: Nee, jou oë bedrieg jou nie, dit ís ’n igloe

Ons leef in vreemde tye waar ’n mens seker maar die onverwagte kan verwag – maar stappers kon die naweek nie hul oë glo toe hulle op die Perdekoproete naby Franschhoek in die Wes-Kaap op ’n igloe afkom nie.

Ontmoet die Suid-Afrikaanse igloebouers, Wilroux en Lenchen-Marié Ackermann. Dit is verbasend warm binne die igloe, vertel Wilroux. Foto: Wilroux Ackermann

Dit was geen hersenskim nie, maar die handewerk van die broer en suster Wilroux (32) en Lenchen-Marié (28) Ackermann. Hulle is oorspronklik van Phalaborwa in Limpopo, maar woon deesdae in die Paarl.

Hulle het Saterdag die Perdekoproete in die Mont Rochelle-natuurreservaat gaan stap met die plan om darem iets anders as ’n sneeuman te bou . . .

Dit het hulle drie en ’n half uur geneem om tot bo-op die berg te kom. Wilroux vertel hulle moes lank soek vir ’n plek met genoeg sneeu om die igloe te kan bou.

Hy het sommer met sy voet ’n sirkel op die grond getrek en die kosblik waarin hul versnaperinge saamgekom het, was die perfekte “baksteen”-maker.

Dit is nie Wilroux se eerste igloe nie. Hy het verlede jaar op dieselfde berg een gebou – en dit was sonder die hulp van ’n kosblik!

Hy vertel dit is “verbasend warm daarbinne”.

Hulle kon ongelukkig nie hul igloe heeltemal toebou nie omdat hulle voor donker van die berg af wou kom. Dit was immers weer drie en ’n half uur terug . . .

Die reaksie op sosiale media het hulle “aangenaam verras”.

Dit kom nadat die Facebook-groep Snow Report SA in ’n stadium op soek na die igloe-bouers was nadat talle stappers selfies by die igloe geneem en op die Facebookblad geplaas het.

Meer as 5 000 mense het gereageer toe hulle die Ackermanns opspoor en hul foto’s deel.

Dié igloe is Saterdag op die Perdeberg-staproete naby Franschhoek gebou. Foto: Wilroux Ackermann
Lenchen-Marié Ackermann gebruik ’n kosblik om 'sneeubakstene' vir die igloe te maak. Foto: Wilroux Ackermann
Wilroux (32) en Lenchen-Marié (28) Ackermann in die sneeu. Foto: Wilroux Ackermann
Meer oor:  Franschhoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.