Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
KYK: Olliebollie-jenewer vir ’n skop en ’n klankie

Boetiek-jenewers wat gegeur is met enigiets van bessies tot blomme is deesdae hoogmode, maar wat van ’n jenewer met ’n klankie saam met die skop? Vir diegene wat hul jenewer ietwat aan die wilder kant verkies, is daar nou . . . mis-jenewer.

Nee, die jenewer word nie in die mistige heuwels van Afrika gedistilleer nie, maar is letterlik gemaak van olifantmis. Dis die uitvindsel van die wetenskaplike Len Ansley. Hy versamel die mis in Suid-Afrika se wildtuine en beskryf sy olliebollie-jenewer as botanies van aard. Glo omdat die olifante net die beste plante eet. As jy dalk gril vir die gedagte aan kieme – troos jou daaraan dat die jenewer hopelik die olliebollie sal steriliseer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.