Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
KYK: Oulike boeties maak video oor idiome

Vier seuns in inperking is eintlik kinderspeletjies vir die Schutte-gesin van Johannesburg – en boonop leer hulle Afrikaans op ’n prettige manier.

Tia en Hannes Schutte se seuns, Marco (9), Steyn (7), Nicol (5) en Adriaan (1), staan op hul eie YouTube-kanaal bekend as die 4 Dudes. Klein Adriaan weet dit nog net nie, maar sy boeties het groot planne met hul video’s.

Die gesin het voor die inperking na hul vakansiehuis in Cannon Rocks in die Oos-Kaap gegaan. Hannes werk van die huis af en maak die video’s, terwyl Tia en die seuns baie besig bly dié inperking-vakansie.

Die Schutte-gesin is beslis nie stil soos muise nie. Wanneer hulle nie video’s maak nie, oefen hulle op hul musiekinstrumente en speel klavier, kitaar en viool.

“Ek maak oulike skoonseuns groot,” sê Tia. Die seuns maak hul eie koffie en ontbyt en leer van kleins af om hul deel te doen.

Vir hul video oor Afrikaanse idiome is klein Adriaan nog nie deel van die 4 Dudes nie – en Tia sê dit is darem nie omdat die baba met die badwater uitgegooi is nie.

Hul niggie, Sofi Coetzee (4), kan wel op hul idiome-video gesien word waar sy die stoep vee.

Sofi is nie een vir die kollig nie en is nie lus om saam met haar nefies voor die kamera te kerjakker nie.

Solank die Schutte-boeties net nie hul kop in ’n bynes steek nie, want dit gaan dalk nie so lekker werk op ’n video nie.

Die vier Schutte-boeties, Marco (9), Adriaan (1), Steyn (7) en Nicol (5), speel nie rond tydens inperking nie. Hulle het groot planne met hul video’s op YouTube.


Meer oor:  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.