Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
KYK: ‘Ram’ pimpel en pers geskiet

Om ’n bok te kwes was nog nooit só spotgoedkoop nie.

Op ’n rampartytjie in Bloemfontein kon “jagters” kies watter bok hulle teen ’n skamele R10 wil skiet.

Pieter Coetzee by Pieter Nienaber, die “bok” wat hy Saterdag geskiet het.

“Jagters” van oraloor het Saterdag groot pret gehad toe Pieter Nienaber (29) op sy rampartytjie in ’n kraal in Langenhovenpark ingejaag is en vir slegs R10 met ’n verfbal-geweer te skiet aangebied is.

Nienaber, oftewel Miff, moes in ’n pienk tutu met vlerkies, ’n towerstaf en horings van verskeie bokke vir die “koeëls” koes.

Jagters kon kies of hulle ’n waterbok, gemsbok of koedoe wou skiet, waarna Nienaber die bok se horings op sy kop moes plaas.

Hy is Saterdagoggend uit sy huis in Bloemfontein “ontvoer” en moes agterop ’n bakkie deur die stad ry voordat hy eindelik in ’n kraal gesit is.

Nienaber, ’n elektrisiën, sê hoewel dit groot pret was, was dit ook lekker seer. “Die blou kolle op my lyf is getuienis daarvan, maar die seerste skoot is sekerlik die een reg op my tepel.”

Sy love handles pyn ook ná die jagtog.

Volgens Nienaber het sy aanstaande, Siskia Wessels, ná die tyd gesê dat hy haar bitterlik liefhet om die koeëls te trotseer.

Pieter Coetzee, Nienaber se vriend van die afgelope twee dekades, sê hulle wou iets interessant en kreatief vir Miff se rampartytjie reël.

“Nie die gewone blikskud by ’n verkeerslig waar mense geld gee maar niks daaruit kry nie.”

Volgens Coetzee was dit ’n wen-wen-situasie vir die jagters en Nienaber, waarvoor sowat R2 500 met die jagtog ingesamel is.

“Dit was ’n groot fees, maar ek het hom ook verskriklik jammer gekry, veral as hy sy wonde begin vryf het.”

Nienaber en Wessels trou later vanjaar.

Pieter Nienaber wys sy beserings.
Pieter Nienaber se love handles is ook gekwes.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.