Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
KYK: SA se ‘Brisbane-meisies’ kuier in styl

Al woon hulle nou in Australië klop die harte van Suid-Afrika se “Brisbane-meisies” steeds warm vir almal tuis en het hulle Saterdag bymekaargekom om ’n bietjie te kuier.

Suid-Afrikaanse vroue wat nou in Australië woon, het Saterdag in Brisbane gekuier. Vanjaar het hulle aangetrek asof hulle die July-perdewedren bywoon. Foto: Verskaf

Die 175 vroue, wat almal Afrikaans kan praat, het vier uur lank gekuier en gewys om op ’n ander vasteland te woon maak nie van jou ’n vreemdeling in jou vaderland nie.

Amorita Kluyts, een van die organiseerders, sê die dag se tema was om mense aan te moedig. Hulle het ook wenke gedeel hoe om mekaar en die mense in Suid-Afrika te bemoedig.

Volgens Kluyts het heelparty van die vroue ingestem om die OzGeeOm-projek te ondersteun wat hulle nou ook in Perth en Sydney bekend wil stel.

“Hoewel ons hier ver sit, dink ons baie aan en bid vir Suid-Afrika en skenk ook geld deur middel van OzGeeOm,” sê Kluyts.

Die projek is deur Yolande Steyn en Marina van Heerden begin en ondersteun onder meer ouetehuise en arm gesinne in Suid-Afrika.

Saterdag is in styl tafel gedek. Kluyts sê ’n kompetisie word gehou vir die mooiste gedekte tafel. 

Vanjaar moes die vroue aantrek asof hulle die Durban July-perdewedren bywoon.

Die mooi groen Springbok-kleure is nie net vir rugbytruie nie, maar ook vir ’n deftige kadot in Australië geskik. Foto: Verskaf
Van die Suid-Afrikaanse vroue wat Saterdag in Brisbane byeengekom het. Foto: Verskaf
Spoggerige tafels is vir die geleentheid gedek. Foto: Verskaf
Daar is vier uur lank in Brisbane saamgekuier. Foto: Verskaf

Meer oor:  Ozgeeom-Projek  |  Marina Van Heerden  |  Amorita Kluyts  |  Yolande Steyn  |  Sydney  |  Australië  |  Perth  |  Brisbane  |  Brisbane-Meisies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.