Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Kyk: Sexy oupa op die loopplank

'n Man van 80 is nie iets wat 'n mens aldag op die loopplank sien nie. Wang Deshun 'n akteur en kunstenaar van China, het egter een doel voor oë: Om fiks en gesond te bly en sodoende die ouderdom te fnuik. Hy daag homself ook voortdurend uit om nuwe dinge te probeer, soos sy modelloopbaan wat verlede jaar by die China-modeweek begin het. 

Deshun het aan die New York Times gesê dat hy drie ure per dag oefen. Hy het vroeër in sy loopbaan modelle afgerig en modevertonings gereël, maar het nooit self op die loopplank verskyn nie. 

Hy word op sosiale media China se sexyste oupa genoem en sy bewonderaars beskou hom as 'n inspirasie. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.