Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
KYK: Skink gerus boeretroos vir gesondheid

Is jy bekommerd dat te veel koffie sleg is vir jou?

Mense wat drie tot vier koppies koffie per dag drink, is meer geneig om gesondheidsvoordele eerder as -nadele te ervaar en het ’n laer kans om vroeg te sterf of om aan ’n hartsiekte te ly, volgens ’n span Britse wetenskaplikes.

Die Britse navorsers het weer na meer as 200 studies oor koffie en gesondheid gekyk en bevind dat dit meer geneig is om te help as wat dit skade veroorsaak, berig Reuters.

Dr. Robin Poole, verbonde aan die Universiteit van Southampton, sê dat drie of vier koppies per dag die gevaar vir diabetes, lewerontsteking, demensie en kankers kan verlaag.

“Daar is ’n paar belangrike voordele, soos ’n laer risiko om aan ’n hartsiekte of ’n beroerte dood te gaan en ’n laer risiko om in die eerste plek ’n hartsiekte te ontwikkel. Vir dié resultate was die voordele die meeste op drie of vier koppies koffie per dag,” sê Poole.

“Die grootste gerusstelling is dat om meer as drie tot vier koppies koffie per dag te drink bloot minder voordele het.”

Ons moet verstaan wat die bestaande bewyse vir ons sê oor die potensiële skade wat koffie veroorsaak. As ons koffie as behandeling toedien, wil ons weet dat ons nie enige verdere skade aanrig nie.
Dr. Robin Poole

Of die koffie nou gemaal is of kitskoffie is, die span sê koffie verminder ook die risiko van galstene, jig en tipe 2-diabetes, maar hulle waarsku dat ’n mens bedag moet wees op wat jy saam met jou koffie drink.

“Ons wil mense wat reeds heelwat koffie drink aanmoedig om die koffie te geniet, maar op so ’n gesonde manier as moontlik, want gewone gesondheidsboodskappe geld nog as dit by dinge soos suiker, strope, koekies en beskuit kom,” sê Poole.

Die grootste voordeel is gesien by lewersiekte. Poole wil nou ’n nuwe studie laat doen waar koffie as behandeling vir lewersiekte getoets word.

“Ons moet verstaan wat die bestaande bewyse vir ons sê oor die potensiële skade wat koffie veroorsaak. As ons koffie as behandeling toedien, wil ons weet dat ons nie enige verdere skade aanrig nie,” sê hy.

Omdat die studie gegrond is op waargenome data, kan geen vaste afleidings gemaak word oor die uitwerking van koffie nie.

Hulle hou egter vol dat drie tot vier koppies koffie per dag nie net veilig is nie, maar dat dit selfs goed is vir jou.


Meer oor:  Gesondheid  |  Koffie  |  Wetenskaplike Studie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.