Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Kyk: Toekoms lyk blou, klassiek-blou
’n Stoel oorgetrek met Classic Blue-materiaal. Foto: HomeBunch

Maak reg om ál jou blou artikels uit die kas te haal en af te stof. Alles van broeke, jasse, rokke, juweliersware en selfs sitkamerkussings in ’n donkerblou skakering gaan hoogmode wees in 2020.

Donkerblou, oftewel Classic Blue, is verlede Woensdag aangewys as kleur van die jaar deur Pantone, ’n Amerikaanse maatskappy wat kleure vervaardig, ontwerpe doen en modes voorspel.

“Jy kan verwag om volgende jaar baie blou te sien,” sê

Laurie Pressman, adjunkhoof van die Pantone Color Institute, in ’n verklaring.

“Hierdie klassieke blou kleur plaas rustigheid, vertroue en konneksie in die kollig, en dit beklemtoon ons begeerte vir ’n betroubare en stabiele basis waarop ons kan voortbou, terwyl ons op die drempel staan van ’n nuwe era.”

Volgens die instituut herinner die klassieke blou kleur aan die kleur van die lug teen skemertyd.

Die 2020-kleur is ook baie na aan die eerste kleur van die jaar, Cerulean, ’n ander blou wat in 1999 gekies is om ook ’n oorgang vas te vang.

Volgende jaar se kleur van die jaar is donkerblou. Foto: Instagram/Roaststyle
Blou kan selfs eetbaar wees – die kleur is sigbaar aan die binnekant van ’n brood. Foto: Instagram/Pantone

In 2019 was die kleur Living Coral (’n skakering tussen oranje en rooi), in 2018 was dit Ultra Violet (pers) en in 2017 was dit Greenery (liggroen).

Voor dit, in 2016, was dit Rose Quartz (ligpienk) en Serenity (ligblou) en in 2015 was die kleur Marsala (’n skakering tussen bruin en rooi).

Blou skoene sal volgende jaar in die kol wees. Foto: Instagram/RSVPeventPlanning

Pressman het aan CNN gesê elke jaar se kleur word bepaal gedurende ’n lang en deurdagte proses wat lewenstyl- en bedryfsneigings in ag neem.

“Gewoonlik weerspieël tendense wat ons in kleur sien groot makro-neigings wat in die kultuur plaasvind,” sê sy.

“Dit kan kom uit kuns, nuwe media, rolprente, lewenstyl, sosio-ekonomiese en politieke toestande, reisbestemmings, nuwe tegnologie – regtig alles.”

Sy sê die naam van die kleur is ook ’n belangrike faktor.

“As jy ’n kleur genaamd Bruin Grond het, teenoor Sjokolade-toffie, het dit twee heeltemal verskillende betekenisse,” sê Pressman. “Die naam moet regtig ooreenstem met die boodskap wat ons wil oordra.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.