Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Toerismebedryf dans, wys mooie SA landskap

In ’n feestelike video op die ritme van “Jerusalema” dans werkers in die Suid-Afrikaanse toerismebedryf op die vooraand van die heropening van internasionale grense.

In die jolige video kap hulle dit uit en stel die natuurprag van die land ten toon in ’n advertensie wat menige buitelander na hul asem sal laat snak.

“Die toerismebedryf, een van dié wat die swaarste gekry het (onder die inperking weens die Covid-19-pandemie), het pres. Cyril Ramaphosa se uitdaging aanvaar en hul beste voetjie voorgesit vir die #JerusalemaChallenge,” lui ’n verklaring van die groep South Africa is Travel Ready.

Die groep, wat bestaan uit verskeie rolspelers in die bedryf, beywer hom om die aandag te vestig op die noodsaaklikheid van toerisme vir die land, wat soos elders in die wêreld byna heeltemal stilgestaan het tydens die inperking.

Kapenaars wat in die toerismebedryf werk, dans op “Jerusalema” met Leeukop in die agtergrond. Foto: Skermgreep

“Lodges en hotelle van die kus tot in die bos het saamgetrek en die skoonheid gevier van die Suid-Afrika wat ons almal ken en liefhet. Hulle dans in September, wat dit is toerismemaand.”

Ná Woensdagmiddag het die toerismebedryf egter getwyfel of die pas aangekondigde regulasies oor internasionale reis iets is om oor te dans.

Dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het gesê dat lande as hoë, medium- en lae risiko geklassifiseer word vir wanneer internasionale reise weer van Donderdag af geleidelik hervat.

Van Suid-Afrika se grootse toerismelande – Brittanje, die VSA, Frankryk en Nederland – word tans as ’n hoë risiko bestempel, wat beteken dat mense van dié lande nie in Suid-Afrika sal mag kom vakansie hou nie.

Sakereisigers en beleggers van dié lande mag wel na Suid-Afrika reis.

Die klassifikasielys sal elke twee weke hersien word.

South Africa is Travel Ready sê die bedryf het toeriste en hul valuta nodig. “Die bedryf kan nie wag om sy deure met veiligheid en vertroue vir die wêreld oop te maak nie.”

Klik hier om die video te kyk.

Meer oor:  Jerusalema  |  Landskap  |  Toerisme  |  Toerismebedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.