Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
KYK: Vrou omarm ‘nuwe lyf’ ná chemo

Die foto's onder kan sensitiewe lesers ontstel.

Al het kanker haar borste en haar hare gesteel, is sy steeds volledig vrou. 

Marlene de Kock (46) glo vrouwees gaan oor die innerlike. Ná haar chemobehandelings het haar hare uitgeval, sy moes haar borste én haar baarmoeder laat verwyder. “Maar ek is steeds ’n ma, ’n suster, ’n dogter,” sê sy. Foto: Sonia Small/Kaleidoscope Studios

Dit is die boodskap wat Marlene de Kock (46) van Bloemfontein met haar fotosessie wil oordra ná haar chemo-behandeling vir fase 2-borskanker wat in April vanjaar by haar gediagnoseer is.

Die foto’s, wat die fotograaf Sonia Small Sondag met die opskrif “CANcer CAN be beaten” op sosiale media geplaas het, het gemengde reaksie ontlok.

Dieselfde dag wat sy die fotosessie gedoen het, het Small haar vyf jaar in remissie gevier.

’n Groep vroue, wat almal iets vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) wou doen, het saamgewerk om die fotosessie ’n werklikheid te maak.

“My doel was nie om te skok nie, maar om my nuwe liggaam te omarm,” sê Marlene.

’n Rustigheid, ’n aanvaarding, het haar gebring waar sy vandag is.

“Dit gebeur nie oornag dat jy sê jy het vrede sonder hare nie.”

Marlene de Kock (46) glo vrouwees gaan oor die innerlike. Ná haar chemobehandelings het haar hare uitgeval, sy moes haar borste laat verwyder, én haar baarmoeder moes verwyder word. “Maar ek is steeds ’n ma, ’n suster, ’n dogter,” sê sy. Foto: Sonia Small/Kaleidoscope Studios

Ondanks die naweë van ’n dubbele mastektomie, straal vrouwees uit Marlene – kaalbors en gestroop voor die kamera.

“Dit is daardie millimeter van ’n sekonde wanneer jy kaalkop en sonder grimering voor die spieël staan dat jy ’n keuse moet maak en besef: Jy leef.”

Vandag sê sy dankie vir kanker.

“Dit klink dalk snaaks, maar as ek kyk na die enorme groei in my menswees . . . Dit ruk jou tot ’n ander perspektief.”

Al wou sy reeds vroeër vanjaar die fotosessie laat doen, het ’n snedige opmerking haar genoop om die daad by die woord te voeg.

“Die dag toe ek die eerste keer sonder ’n pruik werk toe is, het ’n man vir my gesê ek kan nou flank vir die Cheetahs gaan speel.

“Ons oordeel so maklik op die uiterlike.”

“Vrouwees gaan oor die innerlike. Ek is steeds ’n vrou, ’n ma, ’n suster, ’n dogter.”

Sy was nie daarop uit om te skok nie, maar wou haar nuwe liggaam omarm met die fotosessie. Foto: Sonia Small/Kaleidoscope Studios

Voordat haar dik, swart haredos kon begin uitval, het sy dit self in ’n “bob”-styl gesny.

“Dit het gevoel of ek beheer oor die kanker neem, en dat wanneer ek my hare verloor, ék dit dikteer.”

Ná die derde chemobehandeling moes sy plan maak vir ’n werksgeselligheid in Johannesburg.

“Ek het haarsproei gebruik om te keer dat stringe hare uitval. Ons het eintlik so gelag.

“Toe ek by die hotelkamer kom en ek druk my hand in my hare, val dit sulke bolle uit.

“Daardie Sondag kom die hele familie en al my boeties en ons kuier en skeer almal my hare af.”

En op 1 Mei, twee aande voor haar mastektomie, het sy ’n “koebaai boebies-partytjie” gehou.

Sy was nie daarop uit om te skok nie, maar wou haar nuwe liggaam omarm met die fotosessie. Foto: Sonia Small/Kaleidoscope Studios

“Dit was baie spesiaal. Ek het ’n wyntjie saam met almal gedrink. Dit was soos ’n viering van my lewe.”

Sy gaan nie ’n rekonstruksie in die toekoms laat doen nie.

Sy het jare gelede met ’n egskeiding ’n stukkie wysheid gekry wat haar ook nou deurdra.

“Dit is nie wát met jou gebeur wat belangrik is nie, maar hoe jy dit hanteer.”

Haar seuns, haar familie en vriende is haar vangnet.

Bestraling lê nou voor – 15 November, vir vyf weke lank.

“Ek het nou al angswekkende prentjies gesien van wat kom, maar dis net ’n tydelike geleentheid vir groei.

“Ek sê altyd, dis oukei as ons nié oukei gaan wees nie. Dan hanteer ons dit.”

Sy was nie daarop uit om te skok nie, maar wou haar nuwe liggaam omarm met die fotosessie. Foto: Sonia Small/Kaleidoscope Studios

Meer oor:  Bloemfontein  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.