Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Kyk wat gebeur alles in die Kaap vir Mandeladag

Ter viering van oudpres. Nelson Mandela se verjaardag op 18 Julie word Suid-Afrikaners landwyd aangemoedig om 67 minute lank ’n goeie daad te verrig, net soos Mandela 67 jaar vir vryheid en menseregte geveg het.

“Ons kyk elke jaar op dié dag terug na wat gedoen is en na wat nog gedoen moet word,” lui ’n verklaring op die webblad vir Mandeladag.

“Positiewe verandering was Nelson Mandela se geskenk aan ons almal, maar sy nalatenskap kan net blywend wees as ons sy uitdaging aanvaar.”

Mandeladag, wat vanjaar op ’n Donderdag val, word vandeesweek deur talle organisasies in en rondom Kaapstad gevier.

Oudpres. Nelson Mandela.Foto: Argief

Khayelitsha

Die Gary Kirsten-stigting onthul Donderdag om 15:00 ’n krieketveld by die Chris Hani Sekondêre Skool in Khayelitsha wat deur die stigting gebou is.

Die stigting het ’n binnenshuise oefensentrum en ’n volgrootte krieketveld by die skool opgerig en volgens ’n verklaring van die stigting sal Mandeladag die perfekte tyd wees om dit in te lyf.

Kaapse Vlakte

Musiekstudente van die Universiteit van Kaapstad sal Donderdag en Vrydag optree by geleenthede waar toiletbenodigdhede vir behoeftige bejaardes ingesamel word.

Die geleenthede vind Donderdag soos volg plaas: 09:00 tot 11:30 by Ikhaya Labantu in Langa, en 13:00 tot 15:00 by Lilyhaven Place in Bonteheuwel.

Vrydag word dit om 10:00 by die Matroosfontein-kothuise naby die lughawe gebou. Almal is welkom.

Kaapstad-middestad

’n Liefdadigheidsgeleentheid word Donderdag in Kaapstad gehou ter ondersteuning van die House of Hope-projek wat deur Denis Goldberg bestuur word. Goldberg is ’n anti-apartheidsaktivis wat ook voor Mandela se vrylating tronk toe is. Hy was 22 jaar in die tronk.

Die Franse vereniging 2AEAS, wat kinders in Suid-Afrika help, en die konsul-generaal van Frankryk in Kaapstad reël die geleentheid in samewerking met House of Hope.

Laurent Amar, konsul-generaal in Kaapstad, sal die geleentheid bywoon, asook Goldberg en Naomi Rio wat ’n voorlegging oor 2AEAS sal doen.

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lihle Dunjana en musikante van Jazz in the Native Yards sal optree.

Meer oor:  Kaapstad  |  Liefdadigheid  |  Mandeladag  |  Mandeladag-Vieringe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.