Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Siya bring Lebo nader aan sy Bok-droom
Daniel Lebogang Mogoma (14) kry ’n drukkie van sy held, die Springbokkaptein Siya Kolisi. Foto: Verskaf deur My Players

Toe Cheslin Kolbé Dinsdag nie self sy Players Choice-prys in Johannesburg kon ontvang nie, het ’n 14-jarige seun die kans van ’n leeftyd gehad om dit namens hom te ontvang. Maar dit was nie al hoogtepunt vir Daniel Lebogang Mogoma, oftewel Lebo, van Helpmekaar-Kollege nie.

Hy was aan die sy van sy ander Springbok-held, Siya Kolisi. Lebo het harte gesteel toe foto’s van hom onlangs op sosiale media gedeel is. Daarop is sy oë vol trane toe Kolisi en Kolbé sy rygbystewels teken tydens die Springbokke se oorwinningstoer.

Na dié foto’s op sosiale media het Kolisi se vrou, Rachel, gevra vir hulp om die seun op te spoor en Dinsdagaand kon hulle mekaar uiteindelik ontmoet.

Lebo se ma, Dinah, was saam met hom ’n BBP-gas by die geleentheid in Hyde Park.

“Dit was ongelooflik. Ek het nie gedink so iets sal ooit met my gebeur nie en ek hoop om eendag as speler ook daar te kan wees,” sê Lebo.

Hoewel Kolbé nie daar kon wees nie, het Rachel op Facebook gesê hulle het vooraf gereël dat Kolbé ’n video-oproep met Lebo sal hê.

“Ek het nie woorde gehad nie,” lag Lebo.

Kolbé is as Agterlynspeler van die Jaar aangekondig.

“Toe hulle dit aankondig, toe roep Siya my verhoog toe om die prys te ontvang. Dit was werklik ’n eer. Ek is ’n bewys dat drome waar kan word,” sê Lebo wat daarvan droom om ook eendag die Groen-en-goud te dra.

Rachel en Siya Kolisi het Lebo Mogoma (middel) as BBP by die Brightrock Players Choice-geleentheid verwelkom.Foto: Facebook/Rachel Kolisi
Lebo se aand was vol hoogtepunte soos toe hy Herschel Jantjies kon ontmoet. Foto: Verskaf deur My Players
Dinah en haar seun, Lebo Mogoma, was Dinsdagaand BBP-gaste by die Brightrock Player’s Choice-geleentheid. Foto: Verskaf deur My Players
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.