Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Leerlinge glimlag breed oor fietse vir skool toe ry

155 leerlinge van ’n afgeleë nedersetting in Noordwes hoef nie nou meer elke dag tot 5 km skool toe te stap nie.

Hulle het Maandag elkeen ’n splinternuwe fiets van Dikeledi Magadzi, adjunkminister van vervoer, ontvang. Die leerlinge gaan almal by die G.S. Phoi Secondary School in Madibogopan, sowat 35 km van Stella, skool.

Elias Malindi, woordvoerder van Noordwes se onderwysdepartement, sê die skenking is deel van die Shova Kalula-fietsprogram, ’n inisiatief van die departement van vervoer.

“Die projek is daarop gemik om leerlinge te help wat baie ver moet skool toe loop. Van hulle stap elke dag tussen 3 km en 5 km skool toe.”

Mmaphefo Matsemela, LUR vir onderwys in Noordwes, op een van die fietse wat geskenk is. Foto: Verskaf

Mpotseng Mofokeng, ’n gr. 12-leerling in die skool in Madibogopan, was baie opgewonde oor haar nuwe fiets. “Dit het op net die regte tyd, my laaste skooljaar, gekom. Ek moet ver skool toe loop en was altyd laat en moeg wanneer ek by die skool aankom.”

Mmaphefo Matsemela, LUR vir onderwys in Noordwes, het gesê die vennootskap tussen haar departement en die departement van vervoer het vrugte afgewerp. Sy het die departement van vervoer bedank. “Die fietse sal leerlinge motiveer om skool toe te kom en hard te werk. Hulle hoef nou nie meer laat te wees nie.”

Groot vreugde het geheers toe die fietse oorhandig is.Foto: Verskaf

Magadzi het gesê dis betekenisvol dat die skenking in Maart, Menseregtemaand, gemaak is. “Elke leerling het die reg op opvoeding. Dit is nie net die departement van onderwys se taak om toe te sien dat hierdie reg uitgeoefen word nie, maar die hele gemeenskap s’n.”

Sello Lehari, LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur in Noordwes, het die hoop uitgespreek dat die fietse ook sal bydra tot groter veiligheid vir kinders wanneer hulle skool toe gaan.

Meer oor:  Dikeledi Magadzi  |  Noordwes  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.