Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Leerlinge met plakkies skool toe vir 3 maats met kanker
Rudie Keyser (12)Foto: Facebook/Rudie Keyser Relief and Updates

Leerlinge en onderwysers van die Laerskool Mikro in Kuilsrivier sal rondom Valentynsdag hulde bring aan drie maats by wie kanker gediagnoseer is.

Die leerlinge sal elk R10 skool toe bring, plakkers dra en met hul plakkies skool toe kom ter ondersteuning van ’n organisasie wat kinders met kanker ondersteun.

In Januarie vanjaar is Lienka Louw (10) van dié laerskool dood ná ’n jaar lange stryd teen breinstamkanker.

Drie maande voor Lienka is Zané Welman (12), van dieselfde skool, dood nadat ’n tipe beenkanker by haar gediagnoseer is.

Nou ontvang een van Zané en Lienka se maats, Rudie Keyser (12) chemoterapie vir Langerhans-sel-histiositose-kanker wat in Desember by hom gediagnoseer is.

Anri Malan (12), een van Rudie en Zané se klasmaats en ’n goeie vriendin van Lienka, het die skoolhoof, Louis Mouton, gevra of die skool op Valentynsdag, die dag voor Kinderkankerdag op 15 Februarie, geld kan insamel en plakkies skool toe kan dra.

Mouton het daartoe ingestem en reëlings word getref om geld vir die organisasie Choc in te samel.

Anri se ma, Riana, vertel dat haar dogter al sedert sewejarige ouderdom by Choc betrokke is en jaarliks bandjies verkoop, ’n kosprojek hanteer of ander geldinsamelings hou ten bate van die organisasie.

“Die saak lê haar na aan die hart, veral omdat sy goeie maatjies was met Lienka en Zané, en omdat Rudie steeds in haar klas is. Dit is vir haar baie belangrik,” sê Riana.

Lienka Louw (10) wat vroeër vandeesmaand dood is.Foto: Argief
Zané Welman wat in Oktober verlede jaar dood is. Foto: Facebook/ZANE Welman - Gebede en Ondersteuning

Meer oor:  Kuilsrivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.