Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Lees of skryf, kan hy nie – maar JR laat die klawers sing

’n Outistiese tienerseun wat nie kan lees of skryf nie, is een van die musikante wat vanjaar sy musiektalent by die 22ste Macufe-fees (Mangaung African Cultural Festival) in Bloemfontein ten toon stel.

Jabulani Nkosi (15) agter die klawerbord.

Jabulani Nkosi (15), ook bekend as JR en oorspronklik van Oos-Londen, deel Vrydag en Saterdag ’n verhoog met onder andere Semito, Thandiswa Mazwai, Vusi Nova, Tshepo Tshola, Prince Kaybee, Jaziel Brothers, Allayen, Sjava en Mafikizolo wanneer hy by die hooffees optree.

Yolande Nkosi, JR se ma, sê hoewel hy sedert geboorte met sy kommunikasievaardighede sukkel en nie kan lees of skryf nie, is hy ’n meester as dit by die speel van klavier kom.

“Ek het vir hom vir sy sewende verjaardag ’n klawerbord gekoop en sedertdien floreer hy. Hy het nog nooit enige formele opleiding of klasse in klavier gehad nie. Hy het hom self leer speel en wil deur sy musiek bewusmaking oor outisme skep.”

Volgens Yolande hoef JR net een keer na ’n liedjie te luister en dan kan hy dit volledig speel.

Hulle tree ook gereeld as ’n duo op – JR op die klawerbord en sy as sangeres – en hulle toer ook oor die land heen om mense bewus te maak van outisme.

Die ma-en-seun-duo, ook bekend as Simplicity, doen verskeie musiekgenres, insluitend jazz en Afro-soul.

Volgens Nkosi is JR versot op die ontslape Michael Jackson, maar hou ook baie van Hugh Masekela, Ringo Madlingozi en Freshlyground.

JR was ook deel van ’n advertensieveldtog op DStv oor bewusmaking oor outisme.

Hy tree gereeld by kunstefeeste op en het vanjaar by die Nasionale Kunstefees in Makhanda (Grahamstad) ’n prys gekry.

Meer oor:  Macufe-Fees  |  Jabulani Nkosi  |  Bloemfontein  |  Outisme  |  Musiektalent
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.