Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Legendariese spelers help in Cheetah-wêreld met kospakkies
Naas Botha en sy dogter Lee-gre. Foto: Marita Herselman

Van die grootste name in die Suid-Afrikaanse rugbybedryf het Sondag in die Cheetah-wêreld byeengekom om kospakkies vir hulpbehoewende gesinne te vul.

Dit was vir die #RugbyUnites-liefdadigheidsveldtog wat spelers hul winkeltrollies gevul en die inhoud daarna in inkopiesakke gepak het.

Dié inisiatief van die South African Rugby Legends Association (Sarla) is oorspronklik met die Sarla het al die rugby-unies uitgedaag om aan die inisiatief deel te neem en Sondag was dit die Curriebekerwenners, die Cheetahs, se beurt in Bloemfontein.

Brood, blikkieskos, pasta en suiker was onder die produkte wat blitsig in die trollies in die Spar-supermark in Langenhovenpark gelaai is.

Die Cheetahs JP du Preez (slot) en Carel Coetzee (senter/vleuel). Foto: Marita Herselman

Die uitdaging was om soveel moontlik sakke binne sowat twee uur te vul.

Spelers het die inkopies in pare gedoen en die goedere by die aangewese betaalpunte laat oplui. Daarna is die produkte gesorteer en iets van elk is in winkelsakke gepak.

Komberse is ook geskenk.

Dié uitdaging was later soos ’n geoliede masjien.

In ’n stadium het die goedere met die sortering so in Ruan Pienaar, kaptein van die Cheetahs en veteraan-Springbok-skrumskakel, se rigting gevlieg dat dit na ’n sport begin lyk het.

Die legendariese oud-Springbok en nou Bloemfonteiner Naas Botha het ook ’n paar rugby-aangeë geoefen toe hy komberse vir Hawies Fourie, afrigter van die Cheetahs, gooi.

Gavin Varejes, Sarla se president, en Elton Jantjies, kaptein van die Leeus, was ook by die verrigtinge. Dit is hulle wat die inisiatief begin het.

Volgens Tanya Harvey, wat in Sarla se raad dien, is daar Sondag van 250 tot 300 kospakkies gevul. Die waarde is sowat R100 000.

Corniel van Zyl, voorspelerafrigter van die Cheetahs, en Ruan Pienaar, kaptein. Foto: Marita Herselman
Die oud-Springbokke Helgard Muller en André Venter. Foto: Marita Herselman
Van die inkopiesakke wat Sondag gevul is. Foto: Marita Herselman

Saam met Sarla word die inisiatief deur Richmark Holdings en Cell C geborg en Spar het afslag van 10% op die inkopies gegee.

Geld vir die inisiatief word ook aanlyn op www.backabuddy.co.za/rugby-legends-feeding-initiative ingesamel.

Harvey sê gedurende die Covid-19-inperking kon nie een van die spanne oefen of bymekaarkom nie.

"Dit was vir ons belangrik om die ouens in ’n veilige omgewing – met maskers en ’n gesonde afstand – byeen te bring."

Botha, wat saam met sy dogter Lee-gre, leerling aan die Eunice Girls High School, aan die uitdaging deelgeneem het, het die borge bedank.

“Hierdie gaan nie oor enige van ons nie, dit gaan oor die mense wat die pakkies ontvang. Dis ’n klein bydrae wat ons almal tot iemand se geluk kan lewer.”

Nog bekendes wat opgedaag het, was Helgard Muller, André Venter en John Smit.

Sondag se pakkies word aan die Be the Difference Foundation geskenk.

Meer oor:  Rugbyspelers  |  Koronavirus  |  Koshulp  |  Kospakkies  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.