Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Matrieks:
Lekker dans – en baie glimlag!

Dis matriekafskeidtyd en Rapport Beleef gee jou weer die geleentheid om te spog met jou uitrusting, vervoer, of wat dit ook al was wat jou aand uitsonderlik gemaak het.

Die rug van Kylie se rok is laag oopgesny. Sy en Regan sê albei ’n hoogtepunt was om op hul matriekafskeid te dans.
Regan Gounden en Kylie Meiring is met ’n Mustang na hul matriekafskeid. Haar pa, Deon, het die persoonlike nommerplaat spesiaal vir die geleentheid laat maak.
Regan het Kylie met dié bos blomme gevra om saam met hom matriekafskeid toe te gaan. Op ’n kaartjie het gestaan: “This is a King Protea. It is nothing without its Queen. Please will you accompany me to the matric farewell.”

Kylie Meiring van die Sutherland High School in Centurion het haar amper perfekte rok raakgeloop by House of Superior Clothing in Brooklyn. Haar goue skepping, met ’n wye romp van lae kant en ’n laag gesnyde halslyn, was oorspronklik bedek met net en blinkers tot teen die nek. Sy het die ontwerpers gevra om dit liewer oop te sny en die resultaat was ’n sexy bostuk met ’n prinses-romp – perfek. Kylie se metgesel was ’n mede-leerlingraadslid, Regan Gounden. Hy het sy pak klere laat maak by Made-2-Measure by die Oriental Plaza in Johannesburg.

Die matriekgroep van Sutherland het op 8 Augustus by die skool opgedaag sonder ’n idee waar hul afskeid sou plaasvind. Hulle is toe met busse vervoer na Oakfield Farm in Muldersdrift, waar die saal in skakerings van swart en goud versier is.

Die lekkerste van hul aand was om liedjie ná liedjie te dans. “Wanneer ons nie gedans het nie, het die onderwysers gedans,” vertel Kylie, wat sê hul wange was seer van al die glimlagte vir die foto’s. “Dit was ’n onbeskryflike aand.”

My matriekafskeid

Wys vir ons hoe jy op jou matriekafskeid gelyk het. Stuur ’n foto na

alet@media24.com.

Meer oor:  Rapport Beleef  |  Matriekafskeidtyd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.