Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘Liefling’ sal weer in Pretoria opklink

Sal die bekende note van “Liefling” weer eens in Pretoria opklink?

Derick Hougaard (38), die oud-Blou Bul en oud-Springbok vir wie dié bekende lied van Gé Korsten altyd op Loftus Versfeld gespeel is, reken dit sal weer op 29 Mei in Pretoria gehoor word as hy sy boksgeveg teen die rocker Francois van Coke wen.

Francois van Coke en Derick Hougaard. Foto: Deaan Vivier

Hulle pak mekaar dan by Sun International se Time Square-casino-kompleks in Pretoria.

Hougaard het Dinsdag as’t ware tuisgrond-voordeel gehad toe hy vir oulaas die draak gesteek het met Van Coke voor die groot kragmeting.

Hy en Van Coke het by die arena hul geveg in die noorde bekend gestel.

Ondersteuners sal hul gunsteling in uitgesoekte Nu Metro-fliekteaters kan ondersteun waar die boksgeveg uitgesaai sal word, of hulle sal dit tuis kan kyk as hulle kaartjies aanlyn teen R150 koop.

Vir die volgende sewe weke sal albei oefen en reg eet voordat hulle in die kryt klim.

Maar wie sal die geveg wen?

Francois van Coke en Derick Hougaard het Dinsdag vir oulaas met mekaar die draak gesteek toe hulle hul boksgeveg in Pretoria bekend gestel het. Foto: Deaan Vivier

Toeskouers wat reeds hul kaartjie gekoop het, is gevra om te stem en tot dusver loop Van Coke voor.

Hougaard erken ruiterlik hy is bang.

“Maar om bang te wees kan partykeer ’n goeie ding wees; dit bring meer konsentrasie uit en dit kan jou beter maak.”

Van Coke, wat heelwat ligter as Hougaard is, reken die oud-Bok sal in staat wees om ’n uitklophou te lewer.

“Derick is way groter as ek, maar ek dink nie daar sal al in die eerste ronde ’n uitklophou wees nie.”

Sy enigste missie is om die geveg te wen, kom wat wil. Van Coke het toegegee Hougaard se lengte gaan ’n uitdaging wees. “Ek sal ’n plan moet maak om sy lang houe te ontwyk en onder hom in te lê,” sê hy.

Derick Hougaard sê Gé Korsten se “Liefling” sal weer in Pretoria gehoor word as hy seëvier teen die rocker Francois van Coke. Foto: Deaan Vivier

Die rocker het immers al voorheen een keer regtig geboks – hy tel nie bar fights nie – maar is huiwerig om teen ’n ou sportman te staan te kom.

Albei het laat val dat hulle ook gesond eet – Hougaard om gewig af te skud en Van Coke om bietjie meer spiermassa op te bou.

Hougaard het ook laat val dat hy al vier maande opgehou drink het.

Francois van Coke sal sy vuiste slim moet gebruik wanneer hy in Mei te staan sal kom teen die oud-Bok Derick Hougaard. Foto: Deaan Vivier
Derick is way groter as ek, maar ek dink nie daar sal al in die eerste ronde ’n uitklophou wees nie.

Sy meisie, die sangeres Nadine, sê hy neem dit ernstig op.

“Eintlik altwee van hulle. Tydens die bekendstelling in die Kaap is baie grappies gemaak, maar vandag hier kan ek sien die omkeer wat plaasgevind het,” het sy gesê.

Meer oor:  Francois Van Coke  |  Derick Hougaard  |  Liefling  |  Bokswedstryd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.