Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Lotto-miljoenêr slaap 2 aande met wenkaartjie onder kussing

’n Lotto-wenner het vir twee aande met sy wenkaartjie onder sy kussing geslaap omdat hy nie kon glo hy is ’n miljoenêr nie.

Die entrepreneur van Gauteng het R20 bestee aan sy kaartjie en is nou R37 miljoen ryker.

“Ek het twee aande met die kaartjie onder my kussing geslaap en elke uur wakker geword om te kyk of ek die houer van die gelukkige boerpot is en nie droom nie,” sê die Lotto-wenner.

Die Lotto-operateur Ithuba het nie die wenner se naam bekend gemaak nie, maar bevestig die man het die Lotto-boerpot van 29 Julie gewen.

Die wenner het gemengde gevoelens sedert hy uitgevind het hy is die wenner. “Ek is die een oomblik kalm, en dan raak ek weer senuweeagtig,” het die wenner aan Ithuba gesê.

Ek is die een oomblik kalm, en dan raak ek weer senuweeagtig.

Hy gaan nie vir sy familie sê hy is die wenner nie, want hulle kan dalk vir ander mense vertel wat sy veiligheid in gedrang kan bring.

Hy wil ’n voertuig vir sy onderneming koop, sy ma se huis groter bou en ’n grafsteen vir sy oorlede pa oprig.

Om sy nuwe rykdom ’n geheim te hou, sal hy eers volgende jaar vir homself ’n huis koop. Die res van die geld gaan hy belê.

Ithuba sal berading en finansiële hulp aan die wenner verskaf.

Meer oor:  Lotto-Wenner  |  Ithuba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.