Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Ma, dogter versamel treë vir dokter Sheldeen

“Ons sal aanhou stap, totdat sy vir haarself kan stap.”

So sê ’n ma en dogter van Bloemfontein wat dr. Sheldeen Botha, wat Donderdag ’n leweroorplanting kry, ondersteun met T-hemde en treë op hul slimhorlosies.

Melissa Beer, ’n grondslagfase-onderwyseres aan die Laerskool Fichardtpark, en haar ma, Maryke, dra dié T-hemde ter ondersteuning van dr. Sheldeen Botha. Foto: Verskaf

Botha is reeds 15 jaar lank die huisdokter van Maryke Beer, ’n swemafrigter, en haar dogter Melissa, ’n grondslagfase-onderwyseres.

Hulle hou reeds van Woensdag, toe Botha en Terblanche by die Wits Donald Gordon- mediese sentrum in Johannesburg opgeneem is, boek van hul daaglikse aantal treë.

Die oorplanting vind Donderdag plaas, waarna Botha vir drie maande naby die sentrum in Parkview moet bly omdat dit ’n sensitiewe hersteltydperk is.

Ook Carine Terblanche, Botha se skenker en beste vriendin, word op die T-hemde vereer met die woorde “Steps for someone special” daarop.

Beer vertel hulle wil elke dag totdat Terblanche én Botha terug in Bloemfontein is, hul treë versamel en ’n grafiek daarvan maak waarna hulle dit saam met die T-hemde sal raam. Hul mikpunt is 7 000 treë per dag.

Die eerste letters van die voorname van dr. Sheldeen Botha en haar beste vriendin, Carine Terblanche, word op die T-hemp uitgelig waarop staan “Steps for someone special”. Foto: Verskaf

Beer sê sy gaan Donderdag ekstra treë stap, om haar senuwees te beteuel.

“Sy moet eenvoudig deurdruk,” het sy Woensdag emosioneel gesê.

Sy en Melissa het mekaar belowe om nie vanjaar siek te word nie, want hulle wil na niemand anders as Botha gaan nie.

“Die stap gaan ook help om ons gesond te hou,” skerts Melissa.

Sy sê Botha was vir haar ’n groot inspirasie toe sy ondanks haar siekte steeds elke dag met ’n goeie gesindheid werk toe is.

Botha is tien jaar gelede met primêre biliêre cholangitis (PBC), ’n tipe outo-immuunsiekte, gediagnoseer. Die galweë wat deur haar lewer vertak, breek dié orgaan af.

“By tye het sy haarself afgeskeep omdat sy so lief is vir mense.”

Dit is Botha se menslikheid en hartlikheid wat gemaak het dat daar ’n vriendskapsband tussen haar en pasiënte soos die Beers bestaan.

“Sy is nooit haastig nie. Toe die kinders klein was, en een van ons word siek, het almal saamgekom om haar te sien.”

Melissa sê sy was altyd opgewonde as sy siek word, want dit beteken sy gaan vir “dokter Sheldeen” sien.

Beer sê hulle hoop ook om met die T-hemde bewusmaking van die nood rakende orgaanskenking te wek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.