Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Matriekafskeid:
‘Mad Max’ se mense

Wat begin het as ’n grap, het waar geword toe Darren Stanford en Annerie Lamprecht in ’n Mad Max-agtige trok by die Hoërskool Durbanville se matriekafskeid aangekom het.

Darren is deel van ’n hegte familie wat almal lief is vir groot karre wat ’n geraas maak. Die raserige Dodge behoort aan sy tannie, Olivia Wiggins, en die voertuig het selfs ’n naam: Hendrik.

Darren se niggie Francis Loubser en haar man, Stephan, en kinders, Ste­phaan en Olivia, het almal aangetrek om te lyk soos Mad Max-karakters.

Annerie Lamprecht lyk klein in die reuse-Dodge waarmee sy en Darren Stanford by die Hoërskool Durbanville se matriekafskeid aangekom het.

Stephan, wat vir ’n vervoermaatskappy werk, het bestuur. “Daai trok het nie kragstuur nie en ’n mens moet nogal jou storie ken. Met ’n gesweet, ’n geskel en baie stres het ons dit darem almal oorleef,” vertel Francis. “Die mense het gejuig vir die snaakse trok wat raas asof jy by ’n Nascar-resies is en almal wou net heeltyd hê ons moet hom rev. Hulle was ook nogal geskok oor ons kleredrag en wou weet of ons régtig so ’n goth-familie is. Maar nee, ons is doodnormaal en wou net ’n bietjie anders wou wees en sorg vir ’n onvergeetlike matriekafskeid vir my nefie.”

Van links na regs is Stephan Loubser, Darren Stanford, Annerie Lamprecht en Francis Loubser. Voor staan klein Stephaan.

Vandat Dirkie Pretorius die sirkusfliek The Greatest Showman gekyk het, wou hy as “The Greatest Couple” matriekafskeid toe gaan. Sy meisie van die afgelope nege maande, Leonie van der Merwe, was aan sy sy, en Loryn Haute Couture van Rustenburg het al sy verwagtinge oortref met die uitrustings wat dit laat lyk asof hulle uit die silwerdoek stap.

Groot was hul verbasing toe die tema van die Hoërskool Wagpos se afskeid boonop “The Greatest Showman” was. Die makietie het op 8 Augustus by die Fatherland Estate buite Brits plaasgevind.

Darren Stanford en Annerie Lamprecht op hul matriekafskeid.

Al die matrieks het eers op die skool se rugbyveld bymekaar gekom en is van daar na die geleentheid vervoer. Dirkie en Leonie het stylvol met ’n wynrooi 1934-Chevrolet aangekom.

Die paartjie het die aand omgedans en was onder die laaste gaste wat ná middernag eers huis toe is.

Jou matriekafskeid

Deel jou foto’s en vertel ons van jou afskeid. Stuur dit aan

alet@media24.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.