Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Madelein kry weer kleur

Madelein Viljoen (36), ’n persoonlike assistent, het met haar gehoorgestremde kind Pretoria toe getrek om voor te begin. Sy wou wegstap van die verlede en Hannon Bothma het gemeen ’n nuwe voorkoms is presies wat sy nodig het.

Madelein Viljoen het as blondine vaal gelyk.

“Ek dink Madelein moet meer energiek en kleurvoller lyk,” het Hannon gesê.

Hy meen as lang hare ’n vrou pas, is daar geen rede waarom mens dit drasties hoef te verander nie. “Ek dink ’n kuif sal Madelein se langerige gesig sagter laat lyk.

Madelein het groenbruin oë, donker wenkbroue en ’n goue velkleur met selfs ’n paar donker sproetjies. Sy het die ideale gelaatskleur om eintlik beter te lyk met donker hare as met blonde hare. ’n Donker kastaiingbruin is ’n veilige kleurkeuse. Sy kan self besluit of sy dit volgende keer nog donkerder wil kleur.

Volgens Hannon verouder vroue verskillend en die vel rondom Madelein se oë is baie dun. Dus sal dit meer geneig wees om plooitjies te vorm.

“In jou 30’s moet jy ’n serum gebruik wat jou vel fermer maak, en ook ’n vitamiene E- oogroom om die dun, delikate area rondom die oë te versorg en te beskerm,” sê Hannon.

Gebruik ’n neutrale kleur grimering op jou oë, soos brons. ’n Pienkerige lipkleur sal jou glimlag die mooiste laat vertoon en pas ook by enige geleentheid of uitrusting.

Madelein nadat Hannon van haar ’n brunet gemaak het.

Sunet Vermaak, die stilis, sê die uitdagings vir Madelein se klerekas is dat sy soms vir vier base werk en verskillende rolle in een dag vervul.

“Met ’n denim en bloes en gemaklike plat skoene kan sy maklik rondbeweeg vir kantoortakies. Dan sal hakskoene en helder juwele enige uitrusting nuwe lewe gee vir ’n ete-afspraak wat sy met ’n baas moet bywoon. ’n Baadjie en hofskoene sal haar uitrusting geskik maak as sy ’n vergadering moet bywoon. ’n Groot handsak waarin sy ’n ekstra paar skoene, juwele en boeke pak, is noodsaaklik.”

Meer oor:  Madelein Viljoen  |  Glam Guru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.