Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Magaliesburg spog met sy uniekheid

Dis min wat jy afkom op ridders wat mekaar moker, trompoppies, ’n poppekas, alpakkas en ’n bewegende stoomtrein.

Henry Booysen (regs) op die aanval in die eindronde teen Anton Moller, die Suid-Afrikaanse spankaptein, wat die riddertoernooi gewen het.Foto’s: MARIUS NORTJÉ

Indien jy alles op een plek kry, is dit net ’n bonus.

Die Magalies Rocks the Cradle-lentefees het die naweek vir besoekers gewys hoe divers dié gebied en sy gemeenskap is.

Die fees bied nou al vir die derde jaar vir 72 uur ’n blik op 2,5 miljard jaar se geskiedenis.

Eina! Henry Booysen (regs) wys vir Anton Moller (Suid-Afrikaanse spankaptein) waar dié se swaard deur sy mondering gekom het.
Die Laerskool Rapportryer in Randfontein se senior trompoppies tree by Hartley’s op.

“Die fees is geliefd onder families, avontuurlustiges, mense wat lief is vir kos, kuns en musiek, of mense wat bloot ’n blaaskans wil hê,” lui ’n mediaverklaring van die fees.

“Die ridders het mekaar behoorlik met die swaarde gemoker. Dit was nie net speel-speel nie,” sê Marius Nortjé, fotograaf.

Behalwe vir die vermaak wat die trompoppies, die poppekas en die alpakkas, kon jy ook onder meer jenewer, wyn en roomys proe, of kerse maak, pasteie bak, skoonheidsbehandelings kry en die kunsuitstalling of die mark besoek.

Die alpakkas op die Alliepad Alpakkas-plaas net buite Magaliesburg was natuurlik ’n groot aantrekkingskrag.
Die stoomtrein, wat Susan heet, het in haar volle glorie al die pad van die Roodepoort-stasie na Magaliesburg en terug gery.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.