Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Man (58) stap van Kraaifontein na Springbok vir kanker

’n Man van Kraaifontein wie se kanker in remissie is, gaan op 28 September meer as 500 km na Springbok in die Noord-Kaap begin stap om mense bewus te maak van kanker.

Michael Wynne (58) het vroeër kolon- en toe prostaatkanker gekry en moes geopereer word. Hy het fase 4-kanker gehad en is tans in remissie. Dit sal die vierde keer wees dat hy die lang pad aanpak vir die bewusmaking van kanker en kankerlyers.

Michael Wynne

Volgens Wynne dra hy die staptog ook op aan al die mense wat aan kanker dood is en diegene wat nog teen die siekte stry.

“Ek wil ook vir mense wys dat jy vorentoe kan gaan al het jy kanker,” sê hy.

Langs die pad vertel hy mense van kanker waar hy ook al kom, of wanneer mense hom ’n geleentheid gee as hulle hom langs die pad sien stap met sy pienk mantel (vir kanker) en vra waaroor dit gaan.

In Koingaas, net voor Springbok, sal hy Linzell Coete, wat tans stry teen bors- en longkanker, besoek.

“Ek is elke dag in kontak met haar en weet hoe sy ly. Sy het baie seer.”

Ek wil ook vir mense wys dat jy vorentoe kan gaan al het jy kanker.

Volgens Wynne het die Here hom nog elke keer beskerm wanneer hy stap of ryloop. “As ek op ’n sekere tyd in ’n dorp moet wees, kan ek maar weet ek sal dit maak. Die Here kyk na my.”

Hy sê wat kommerwekkend is vir hom is dat baie mans wat hy op pad teëkom, nie weet hoe ernstig prostaatkanker is nie.

Hy is dankbaar vir organisasies wat hom wil help met bewusmaking van kanker soos die Cape Crews Movement Car Crew, wat aangebied het om vertonings te hou mits hulle ’n geskikte venue kan kry, en ander mense wat hom op die pad seën, hetsy met kos of ander donasies.

Vir meer inligting oor Wynne se bewusmakingsveldtog skakel 076 549 6237.

Meer oor:  Kraaifontein  |  Springbok  |  Kanker  |  Stap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.