Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Man 72 uur in hondehokke om DBV in Mosselbaai te help

Hy sal nie kan doodgaan voordat hy “slaapmarathons” vir alle diere in nood oor Suid-Afrika heen gereël het nie.

So sê Paul Möller (71) van Reebok naby Mosselbaai wat 72 uur in die hondehokke van die Garden Route-dierebeskermingsvereniging (DBV) se Mosselbaai-tak gaan deurbring om sy 72ste verjaarsdag op 21 Mei te vier en geld vir die DBV in te samel.

Möller, ’n diereliefhebber wat onder gemeenskapslede en hul diere werk, gaan van 20 tot 22 Mei by die DBV slaap.

Paul Möller en Mia, sy 11 jaar oue Yorkshire-terriër.

Volgens Möller het hy jare gelede slaapmarathons vir geldinsameling in Suid-Afrika begin toe hy by Wet Nose, ’n organisasie wat diere red in Middelburg, Mpumalanga, geslaap het.

Hy het toe in Middelburg gewoon en ’n hond uit die veld gered wat hy “Liefde” gedoop het. Liefde is na Wet Nose geneem en hy het elke naweek daar vir haar gaan kuier.

Volgens hom het tot soveel as 400 mense ook op ’n keer by Wollies Animal Project, ’n organisasie in Pretoria wat diere red en hervestig, aan ’n slaapmarathon deelgeneem.

Möller sê omdat hy in die winter verjaar, verwag hy dat dit koud by die DBV gaan word. Hy gaan sy beddegoed saamvat wat onder meer ’n seil insluit wat hy destyds vir sy slaapmarathons laat maak het. “Die honde kruip darem ook by ’n mens in,” voeg hy by.

Vanessa Barnard, adjunkvoorsitter van die Garden Route-DBV, wat ook met geldinsamelings gemoeid is, sê hulle is baie opgewonde oor die projek. Daar is ook ander mense wat die Vrydag- en Saterdagaand gaan oorslaap. Die doel is om deur middel van borge en bewusmaking geld vir die DBV in te samel.

Barnard sê die DBV ontvang geen staatshulp nie en is van die publiek se hulp afhanklik. Talle honde en katte kan ook aangeneem word.

Volgens Barnard het Covid-19 ’n rol gespeel in die getal diere wat by die DBV versorg word. “Daar is beslis meer diere wat na ons gebring is.”

Vir meer inligting besoek https://www.facebook.com/gardenroutespca.mosselbaai

Meer oor:  Mosselbaai  |  Diere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.