Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Man met Down se sindroom se geliefde budgie vlieg weg
Johan Coetzer (40) en Tingkel die budgie.

’n Bloemfonteiner met Down se sindroom se hart is gebreek omdat sy geliefde budgie, Tingkel, weggevlieg het.

Hy het die voël verlede Desember vir sy 40ste verjaardag gekry.

Johan Coetzer (40) en sy ma, Dollie, treur oor Tingkel wat van hul blyplek in die Aandrus-aftreeoord weggevlieg het.

“Ek was die oggend in die kamer en toe ek in die kombuis kom, was Tingkel nie hier nie,” sê Dollie.

Johan het aan haar gesê: “Mamma ek het hom uitgehaal (uit die hok), want ek wou hom net ’n ou soentjie op sy kop gee. Ek het vergeet die deur staan oop.”

Dit was aan die begin van die week.

Hulle het al herhaaldelik in die omgewing gesoek en in die bome gekyk, maar hulle kry hom nie.

Die voormalige omroeper en weldoener, Jeanette Geldenhuys-Smit, maak Johan se verjaardag reeds die afgelope paar jaar onvergeetlik.

Hy het Tingkel, wat handgrootgemaak is, as ’n verjaardaggeskenk van ’n dierewinkel gekry.

Dollie vertel Tingkel het gou leer praat.

Johan Coetzer op die partytjie vir sy 40 ste verjaardag. Foto: Verskaf

“Dan staan ons by die hokkie en soen hom daardeur op sy ou snaweltjie. Dan sê ons vir hom ‘lekker vrytjie’. Dit was nie ’n week nie, toe ‘lekker vrytjie’ hy self.”Geldenhuys-Smit sê talle mense het aangebied om ’n budgie vir Johan te koop, maar dit moet ’n mak budgie wees. Hy het nie die geduld om ’n nuwe budgie te leer nie.

Sy sê Tingkel het baie vermaak en vreugde vir die gesin gebring.

“Nou sit ons die hokkie buitekant met ’n bietjie saadjies in,” sê Geldenhuys-Smit. Dit met die hoop dat Tingkel sal terugkeer.

“Hulle kan nie ver vlieg nie, sy vlerkies is geknip. En hulle kom baie keer terug.”

* Mense wat Tingkel gesien het of van ’n mak budgie weet, kan Geldenhuys-Smit by 076 243 5848 kontak.

Johan Coetzer en sy ma, Dollie.Foto: Verskaf



MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.