Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Man se twiets oor seksisme wyd versprei
Martin R. Schneider. Foto: Twitter

Mans en vroue werk saam en pak dikwels saam uitdagings by die werk aan, sit in dieselfde vergadering en deel kantore.

Martin R. Schneider, ’n redakteur van die rolprentresensie-webwerf Front Row Central in Philadelphia in Amerika, het egter tot die gevolgtrekking gekom dat mans en vroue verskillend in die werkplek behandel word toe hy per abuis met sy vrouekollega se elektroniese handtekening op e-posse afgeteken het, berig The Independent.

Schneider het getwiet oor die ondervinding wat hom laat besef het dat vroue nie dieselfde respek as mans in die werkplek kry nie, waarna dit wyd in die sosiale media versprei is.

Hy het onder meer verwys na die kritiek waaronder sy vrouekollega moes deurloop omdat hul baas gemeen het sy neem te lank om take te voltooi wat behels het dat sy met kliënte moes kommunikeer. As haar toesighouer het Schneider dit egter daaraan toegeskryf dat hy meer ondervinding as sy het.

Hy was onmoontlik, onbeskof en het my vrae geïgnoreer.

Toe hy egter op ’n dag per ongeluk sy kollega se elektroniese handtekening gebruik, het hy opgelet dat ’n kliënt skielik ongewoon moeilik optree.

“Hy was onmoontlik, onbeskof en het my vrae geïgnoreer,” het Schneider getwiet.

Gevolglik het hy ’n eksperiment gedoen en haar handtekening twee weke lank gebruik.

“Ek was in die hel,” het hy getwiet. “Alles wat ek voorgestel het, is bevraagteken. Een kliënt het selfs gevra of ek getroud is.”

Intussen het sy kollega, Nicole, ’n uiters produktiewe twee weke met Schneider se handtekening ervaar.

“Ek het besef dat sy langer geneem het om haar werk te voltooi omdat sy kliënte moes oortuig om haar te vertrou,” het hy gesê.

“Teen die tyd dat sy iemand oortuig het dat sy weet wat sy doen, was ek reeds halfpad deur my kommunikasie met ’n volgende kliënt. Ek was geskok, maar Nicole is gewoond daaraan. Sy het dit bloot as deel van haar werk beskou.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.