Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Mandaryns een van moeilikste tale; Afrikaans nie

En daar het jy dit nou – Afrikaans is eintlik nie só moeilik om te leer nie.

Die webwerf, EffectiveLanguageLearning.com, het onlangs ’n lys gepubliseer van tale wat volgens navorsing maklik en moeilik is om aan te leer.

Die Foreign Service Institute (FSI) het ’n lys opgestel van hoe lank dit Engelssprekendes sal neem om spesifieke tale aan te leer. En volgens hierdie lys is Afrikaans nie só moeilik nie.

Die tale wat die moeilikste is, is onder meer Kantonees, Mandaryns, Japannees, Koreaans en Arabies. Dit sal jou 88 weke of 2 200 ure neem om een van hierdie tale baas te raak.

Tale wat jou sowat 44 weke of 1 100 ure sal neem om te leer, is onder meer Grieks, Russies, Pools, Serwies, Fins, Xhosa en Zoeloe.

Volgende op die lys wat jou 36 weke of sowat 900 uur kan neem om te leer, is Swahili, Indonesies en Maleisies.

Duits is die enigste taal in die kategorie wat jou sowat 30 weke of 750 ure sal neem om baas te raak.

Die tale wat die naaste aan Engels is en wat jou sowat 24 weke of sowat 600 uur kan neem om baas te raak is Afrikaans, Deens, Nederlands, Frans, Italiaans, Noorweegs, Portugees, Roemeens, Spaans en Sweeds.

Meer oor:  Taal  |  Afrikaans  |  China
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.