Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Manser se 5 ‘Matrieks in Antarktika’ bekend
Cobus Burger (18), ’n jong boer van Brandvlei in die Noord-Kaap, is een van vyf studente wat Riaan Manser einde vandeesmaand na Antarktika gaan vergesel.
Riaan Manser voor die Russiese vragvliegtuig waarmee hy en die vyf studente op 25 Januarie uit Kaapstad vertrek.
Thea Earnest van die Mountview Secondary School in KwaZulu-Natal. F
Boiketlo Lamula wat aan die Sedaven High School in Heidelberg in Gauteng gematrikuleer het.
Ayakha Melithafa van die Sentrum vir Navorsing oor Wetenskap en Tegnologie in die Wes-Kaap.
Kelby Barker van die Diocesan School for Girls in die Oos-Kaap.

As jong boer van Brandvlei in die sonnige Noord-Kaap wil hy Antarktika toe gaan om al die ys te beleef.

So sê Cobus Burger (18), een van die vyf studente wat op 25 Januarie vanjaar saam met Riaan Manser uit Kaapstad onderweg na Antarktika sal vertrek op ’n Russiese vragvliegtuig.

Reginah Mhaule, adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Maandag die vyf jong mense, onderskeidelik van Gauteng, die Oos- en die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal, aanlyn aangekondig.

Manser het verlede jaar Matrics in Antarctica bekend gestel nadat talle van sy ekspedisies weens die koronaviruspandemie in die slag gebly het. Hy het matrikulante van oor die land heen genooi om in te skryf vir dié avontuur.

Hy het saam met Fadli Wagiet, ’n onderwyskundige van die Stellenbosch Universiteit (US) en Maryke Musson, uitvoerende hoof van Twee Oseane-akwarium, 100 matrikulante uit al die inskrywings gekies, toe 50 en daarna is die toptien in Desember aangekondig.

Jonathan Jansen, verbonde aan die US, het die span as beskermheer van Matrics in Antarctica gelei.

Burger, wat verlede jaar aan die Hoërskool Duineveld in Upington matrikuleer het en ná sy landboustudies wil boer op hul familieplaas T’Boop Noord 85 km van Upington, sê hy wil “al daai klomp ys gaan sien”.

“Want hier waar ek is, is daar nie eens reën nie. Ons reënval moet baie laer as in Antarktika wees.”

Manser sê hy was mal oor Burger se eerlikheid met sy inskrywing.

Die matrikulante moes in 100 woorde of minder sê hoe die ontdekkingsreis hulle gaan hulp om ’n groener, meer volhoubare bestaan op aarde gaan bewaar.

“Hy het net gesê hy wil gaan kyk hoe dit daar lyk, sodat hy sy ervaring met mense hier kan deel.”

Die ander studente is Ayakha Melithafa van die Sentrum vir Navorsing oor Wetenskap en Tegnologie in die Wes-Kaap, Boiketlo Lamula wat aan die Sedaven High School in Heidelberg in Gauteng gematrikuleer het, Thea Earnest van die Mountview Secondary School in KwaZulu-Natal en Kelby Barker van die Diocesan School for Girls in die Oos-Kaap.

Die TV-kanaal National Geographic sal as mediavennoot die ontdekkingsreis op sy sosialemediaplatforms dokumenteer.

Barker, wat in Grahamstad grootgeword het, vertel sy het as kind die meeste van haar tyd in die buitelug deurgebring en haar doel is om die natuur te bewaar vir die nageslag.

Die vyf studente sal by die span in Kaapstad aansluit vir hul isolasietydperk kragtens koronavirusregulasies.

In dié tyd sal hulle virtuele aanbiedinge bywoon om hulle voor te berei op die vyf dae lange reistog.

Meer oor:  Antarktika  |  Riaan Manser
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.