Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Marike is wenbruid vir Maart

Vandag plaas ons foto’s van die wenbruid vir Maart. Marike O’Farrell sal teen die 11 ander maandwenners om die groot pryse vir 2018 meeding.

Marike O’Farrell is die wenbruid vir Maart.

April-bruide se inskrywings moet ons voor Woensdag 11 Julie bereik.

Groot pryse op die spel

* Forever Resorts is die hoofborg van vanjaar se kompetisie en gee 12 vakansies weg. Hulle sal ook die galageleentheid om 2018 se wenner te kroon by hul oord in Bela-Bela aanbied.

* Die wenbruid ontvang twee nagte vir twee mense by Entabeni Safari Conservancy by Hangklip-lodge of Kingfisher-lodge. Dit sluit drie maaltye en twee wildritte per dag in en is R18 180 werd. Die bruid in die tweede plek ontvang twee nagte vir twee mense by Legend Golf & Safari-oord. Dit sluit ontbyt in en is R10 100 werd. Die bruid in die derde plek ontvang twee nagte vir twee mense by Zebra Country-lodge. Dit sluit ontbyt in en is R5 460 werd. Die ander nege finaliste ontvang een nag vir twee mense by Zebra Country-lodge. Dit sluit ontbyt in en is R2 730 werd.

* Die wenbruid ontvang ’n koningingrootte 152 cm Sealy Crown Jewel-basisstel ter waarde van R15 000. Die bruide in die tweede en derde plek ontvang elk ’n koningingrootte 152 cm Sealy Posturepedic-bassistel ter waarde van R10 000.

* Air Mauritius borg die wenbruid, die twee naaswenners en hul wederhelfte se vlugte na Mauritius.

* LUX* Resorts & Hotels borg die wenbruid met vyf nagte vir twee in die Belle Mare-vakansieoord op Mauritius. Dit sluit bed en ontbyt in. Die naaswenner kry vyf nagte se bed-en-ontbyt-verblyf vir twee in die Grand Gaube-oord. Die bruid in die derde plek ontvang bed-en-ontbyt-verblyf vir vyf nagte vir twee in die Le Morne-oord.

Wat en hoe:

As jy reeds vanjaar getroud is, kan jy nou inskryf vir Beeld se Bruid van die Jaar-wedstryd vir 2018. Ons wag nou vir inskrywings van bruide wat in April of Mei getroud is.

Bruide skryf só in:

1. Antwoord die volgende vrae in ’n ­Microsoft Word-dokument:

a) Waar het julle ontmoet en hoe lank ken julle mekaar?

b) Watter beroepe beoefen julle?

c) Wat is jul belangstellings?

d) Wat is jul definisie van ’n gelukkige huwelik?

e) Vertel ons van jul troue. Was daar ’n tema en wat was jul inspirasie?

f) Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?

g) Wat was vir jou die hoogtepunt van jul troue?

2. Verstrek die troudatum, bruid en bruidegom se volle naam, noemnaam (let wel, nie troetel- of bynaam nie) en ouderdom, woonadres, e-posadres en kontaknommers.

3. Stuur ook ’n kop-en-skouers-foto en ’n vollengte foto van die bruid (kleur of swart-en-wit, minstens 1 MB en in .jpeg-formaat) saam met die inskrywing.

4. E-pos inskrywings na bruide@media24.com voor 12:00 op die sluitingsdag. Ons kan geen uitsonderings maak nie. Kontak Tanya Kleynhans by 011 713 9276 of tanya.kleynhans@media24.com vir meer inligting.

Onthou:

1. Geen werknemer of familielid van die borge of Media24 mag deelneem nie.

2. Nie alle inskrywings word gepubliseer nie. ’n Paneel doen ’n eerste keuring.

3. Die bruid wat die meeste stemme vir haar maand kry, word as ’n finalis aangewys.

4. Sou ’n finalis nie die kroningsgeleentheid kan bywoon nie, verbeur sy die kans om mee te ding om die titel van Bruid van die Jaar. Sy sal steeds al haar pryse as ’n finalis ontvang.

5. Beeld se redakteur behou hom die reg voor om finaliste te diskwalifiseer wat in enige stadium só optree dat dit Beeld, die kompetisie of die betrokke finalis(te) se goeie naam in die gedrang bring.

Dit sluit gedrag in (maar is nie daartoe beperk nie) wat lei tot die finalis se inhegtenisneming, ’n hofverskyning, betrokkenheid by ’n polisieondersoek (selfs voordat die finalis aan ’n misdryf skuldig bevind word) en onwelvoeglike of skandalige gedrag, ongeag of dit in die media gepubliseer word of nie.

6. Beeld aanvaar nie verantwoordelikheid vir borge wat nie hul pligte nakom of inskrywings wat wegraak nie.

7. Deelname aan die kompetisie veronderstel toestemming dat jy deur Beeld en/of die kompetisieborge gekontak mag word.

Nuwe stemprosedure

Ons stel nuwe stemprosedures bekend vir 2018 se Beeld Bruid van die Jaar-kompetisie. Wanneer ’n bruid se foto in die koerant verskyn, kan lesers vir hul gunstelingbruid stem deur:

Proses 1 (elke SMS tel 1 punt)

SMS jou gunstelingbruid se naam en van, jou naam en van, waar jy woon en e-posadres na 35986.

Begin jou SMS met die woord “Bruide” en dan die bruid waarvoor jy wil stem se naam en van.

Die SMS-lyn sal oop bly tot die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto’s in die koerant verskyn het. Die lyn sluit om 12:00. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal verreken word.

’n SMS-voorbeeld:

Bruide, Sannie Smit. Tanya Kleynhans, Auckland Park, tanya.kleynhans@media24.com.

Proses 2 (elke stem tel 5 punte)

Ekstra koerante kan op Maandae ná die publisering van ’n bruid se foto’s op ’n Saterdag by Tanya Kleynhans gekoop word (stuur e-pos na tanya.kleynhans@media24.com vir meer inligting hieroor).

Proses 3 (elke stem tel 5 punte)

Knip jou gunstelingbruid se foto uit (slegs oorspronklike foto’s word aanvaar), plak dit agterop ’n koevert saam met jou naam, adres en telefoonnommer en stuur dit na: Bruid van die Jaar, Kingsway-laan 69, MediaPark, Auckland Park, 2006. Stemme kan ook by Beeld se kantoor in Johannesburg afgelewer word, of gekoerier word na:

Ontvangs, Kingsway-laan 69, MediaPark, Auckland Park, 2006.

Die sperdatum vir elke week se bruide is die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto’s in die koerant verskyn het.

Alle stemme moet ons teen 12:00 op die sperdatum bereik om in aanmerking geneem te word.

Dit bly die persoon wat stem se verantwoordelikheid om stemme betyds in te dien en Beeld neem geen verantwoordelikheid vir laat stemme nie. Laat stemme sal nie in aanmerking geneem word nie. Dieselfde prosedure geld vir bruide wat buite Beeld se verspreidingsgebied woon en wil deelneem. Die bruid met die meeste punte aan die einde van maand sal as die wenner vir daardie maand aangewys word.

Meer oor:  Bruid Van Die Jaar  |  Marike O’Farrell  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.