SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Leef
2 skaalbreker-osse se 800 kg vleis gaan aan kinderhuise

Die inkomste uit die karkasses van twee skaalbreker-osse, waarby elk meer as 800 kg vleis uitgeslag is, is geskenk aan twee Pretoriase kinderhuise om hul geldsake ’n broodnodige hupstoot te gee.

Die karkasse was so groot dat die abattoir-personeel behoorlik gespook het om dit te kan hanteer. Van links by diew karkasse is Michelle Verster van Plaas Media, Chris Mullard van Chalmar Beef, die abattoir, en Imele Loubser van Plaas Media. Foto: Verskaf

Christiaan de Jager, ’n teler van chianina-beeste van Badplaas, het die twee osse, ’n brahmaan-chianina-kruising en ’n charolais-chianina-kruising, geskenk.

Chalmar Beef in Bapsfontein het die twee osse in Oktober geslag.

Die osse se vleis was saam R70 000 werd en De Jager het ’n verdere R30 000 bygesit om die skenking R100 000 te maak.

Chris Mullard van Chalmar Beef sê dit was nogal ’n kopseer om die karkasse in die abattoir te hanteer.

“Hulle was meer as drie keer groter as die meeste karkasse wat ons hanteer.”

Die osse is as graad 6C gegradeer. Mullard sê dié vleis word gewoonlik in verwerkte vleisprodukte gebruik.

Een T-been het 2 kg geweeg.

De Jager sê hy het die osse by Hansie Müller van Viljoenskroon gekoop. Müller se passie is om groot osse te teel en De Jager het die osse gebruik om die goeie kruisteling met die chianina-ras te bemark.

Die osse, wat agt jaar oud was, was op vier tot vyf jaar uitgegroei, sê De Jager.

“Eintlik is ek baie hartseer oor hulle,” sê hy.

Een van die twee osse op die Alfa-ekspo in Parys. Foto: Verskaf

Hy het hulle vir die Alfa-ekspo in Parys se grootos-kompetisie ingeskryf en toe besluit om hulle vir liefdadigheid te laat slag.

Die twee osse het die skaal onderskeidelik op 1 345 kg en 1 340 kg getrek en die eerste en tweede plek in die kompetisie gewen.

Hulle is verlede week geslag en 813 kg en 805 kg vleis is onderskeidelik uitgeslag.

Peas in a Pod, ’n veilige hawe vir meisies tussen twee en 18 wat slagoffers van seksuele misdade en mishandeling is, en die Jakaranda-kinderhuis sal by die skenking baat.

Die beeste se velle is vir die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (DBV) opgeveil.

Die chianina-beesras kom van Italië af en is een van die grootste beesrasse ter wêreld.

Meer oor:  Bapsfontein  |  Osse  |  Vleis  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.