Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Matrieks gesoek wat na Antarktika wil gaan

Die avonturier Riaan Manser beplan nog ’n uitdagende tog na ’n uithoek van die aarde, en dié keer vat hy vyf matrieks saam.

“Dit is loshande die grootste en mees ambisieuse projek wat ek tot nog toe aangepak het,” sê hy oor sy plan om op 24 Januarie volgende jaar met ’n handvol 2020-matrieks op ’n Russiese vragvliegtuig uit Kaapstad te vertrek en vyf tot ses dae in Antarktika deur te bring.

Hy moes ’n nuwe projek beplan nadat die koronavirus-pandemie die nuwe reeks van die M-Net-avontuurprogram The Odyssey, wat einde vanjaar sou plaasvind, in die wiele gery het.

Dié program, waarvan die eerste reeks verlede jaar uitgesaai is, behels ’n twee maande lange reis met ’n plaaslike “vreemdeling” wat Manser vergesel.

Die borge en mense wat saam sou opklim, het laat weet dat al die planne vir Antarktika nog voortgaan, sê Manser.

“Maar aan die einde van 2021.”

Hy sug.

“Toe is al my planne vir die jaar daarmee heen.”

Die avonturier Riaan Manser soek nou vyf matrikulante wat saam met hom na Antarktika kan gaan.

Hy het vergader met die maatskappy wat onder meer die verblyf sou verskaf en hulle het gesê hulle sal kyk wat hulle kan doen.

Dis ’n besonderse geleentheid vir ’n jong mens wat pas matriek geskryf het om so die geleentheid van ’n leeftyd te kry, sê hy.

“Dis nie my avontuur nie, dis die vyf jong mense s’n. No strings attached. Hulle hoef niks te betaal nie, en die skool hoef niks te doen nie.”

Die tog kos tussen R250 000 en R280 000 per tiener.

Duisende inskrywings is al ontvang, maar glo net uit die Wes-Kaap.

“Vrystaters moet ook inskryf, hulle ken mos koud kry!” spot Manser.

Die inskrywing, waarvan die sluitingsdatum verleng is tot November, behels 100 woorde wat die matrikulant moet skryf oor die omgewingskwessies in hul tuisdorp of -stad en wat hy of sy kan doen om dit te verander.

Die deelnemers hoef nie topfiks te wees nie.

“Hierdie keer wil ons net seker maak die mense is gesond. Selfs al is hulle nie baie fiks nie, kan hulle steeds inskryf. Ons kampeer net twee aande. En daai oggende gaan ons vir klein ski-sessies oor 5 km, wat eintlik ver is. Die res van die tyd sal hulle in helderkleurige huisies in die Sinai-stasie oorslaap.

"Die gekeurdes sal ’n week voor die tyd in Kaapstad vir lesings oor veiligheid moet wees.

“Daar is ongelooflik baie reëls wat ons moet volg om hulle veilig te hou.

“Maar ons wil hê hulle moet dit beskou as ’n geleentheid waarvan hulle nooit sou kon droom nie.”

Vasti en Rian Manser.

Meer oor:  Antarktika  |  Avontuur  |  Riaan Maners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.