Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Meer as 5 miljoen oorsese besoekers stroom na Kaapstad

Meer as vyf miljoen internasionale besoekers het Kaapstad die afgelope boekjaar ondanks kwessies soos die droogte, veiligheid, visumvereistes of die uitdagende plaaslike ekonomie besoek.

Luidens ’n verklaring van Kaapstad-toerisme is dit die derde opeenvolgende boekjaar dat meer as vyf miljoen besoekers by die Kaapstadse Internasionale Lughawe aangekom het.

In Kaapstad-toerisme se boekjaar – wat strek van 1 Julie tot 30 Junie – het 5,4 miljoen passasiers op die lughawe aangekom.

Die grootste bronmarkte sluit in Brittanje, Duitsland en die VSA.

China, Spanje en Indië is die internasionale bronmarkte wat op ’n jaargrondslag die skerpste styg.

Julie-May Ellingson, voorsitter van Kaapstad-toerisme, sê ondanks die uitdagende Suid-Afrikaanse ekonomie en die toenemende aantal veiligheidsvoorvalle ten opsigte van besoekers wat aangemeld is, het die plaaslike toerismebedryf oorleef.

Die verblyfsektor het nogtans luidens die verklaring deurlopend laer besettingsyfers gehad, behalwe in November 2018.

Besoekerstalle aan Chapmanspiek en Robbeneiland het die grootste groei op ’n jaargrondslag getoon.

Kaapstad-toerisme en die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) het ’n nuwe vennootskap gesluit wat die Love Cape Town-bemarkingsprogram van stapel gestuur het.

Dit is daarop gemik om mentorskap en opleiding aan klein, middelslag- en mikro-ondernemings (KMMO’s) te verskaf.

Die wenners van Kaapstad-toerisme se ontwikkelingsfonds wat KMMO’s help om toerisme-ondernemings te ontwikkel, is op die jaarvergadering bekend gemaak. Dit is African Authentic Experience, Tees & Gees, en Seven Colours Eatery, wat deur ’n interne keuringsproses is. Elkeen ontvang R50 000.

Kaapstad-toerisme se uitblinkers is ook bekend gemaak:

* The Clay Cafe in Houtbaai het die toekenning vir omgewingsvolhoubaarheid gewen.

* Afrofest het die toekenning vir maatskaplike impak gewen.

Marine Dynamics was die wenner van die toekenning in die kategorie vir besoekerservaring met Bikes ’n Wines as die naaswenner.

Meer oor:  Kaapstad  |  Toeriste  |  Ekonomie  |  Toerisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.