Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Mei-bruide: Groep 2

Hier is die tweede groep Mei-bruide wat deelneem aan Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie. Jy kan van vandag af stem vir jou gunstelingbruid in dié groep en haar sodoende ’n hupstoot gee om dalk as Beeld se Bruid van die Jaar aangewys te word.

Die stemme moet teen Woensdag om 10:00 ingedien wees.

Vicki van Wyk van Klerksdorp, Noordwes, se troudag was op 22 Mei 2021.
Lientjie Venter van Brooklyn in Pretoria, Gauteng, se troudag was op 22 Mei 2021.
Liz Mari Pretorius van Serengeti by Kempton Park, Gauteng, se troudag was op 15 Mei 2021.
Lizelle Barnard van Faerie Glen in Pretoria, Gauteng, se troudag was op 15 Mei 2021.
Maré Bezuidenhout van Worcester, Wes-Kaap, se troudag was op 1 Mei 2021.
Mariaan de Waal van Durbanville, Wes-Kaap, se troudag was op 22 Mei 2021.
Marilie van Zyl van Paradyskloof in Stellenbosch, Wes-Kaap, se troudag was op 1 Mei 2021.
Marizaan Bantjes van Ruimsig in Johannesburg, Gauteng, se troudag was op 22 Mei 2021.
Maryke Botes van Doornpoort in Pretoria, Gauteng, se troudag was op 14 Mei 2020.
Nikki Claassen van Brakpan, Gauteng, se troudag was op 22 Mei 2021.
Ruinda Viljoen van East-Rural in Kaapstad, Wes-Kaap, se troudag was op 22 Mei 2021.
Sonia Momberg van eMalahleni, Mpumalanga, se troudag was op 22 Mei 2021.
Sune Bekker van Somerset-Oos, Oos-Kaap, se troudag was op 22 Mei 2021.

Die name van Mei en Junie se voorlopers sal op 19 Augustus gepubliseer word en die wenners op 26 Augustus.

Elke maandwenner in die kompetisie staan die kans om as wenner, naaswenner of die bruid in die derde plek uit die stryd te tree.

Sou inperkingsregulasies dit toelaat, word die wenners op ’n glansryke gala-aand op 6 Mei 2022 aangewys.

Daar is vanjaar in totaal meer as R400 000 se pryse op die spel.

Die wenbruid se pryse is R135 770 werd. Die naaswenner se pryse is R72 50 werd en die bruid in die derde plek s’n R60 190. Die maandwenners kry elkeen pryse van R17 550.

Inskrywings vir bruide wat in die eerste vyf maande van 2020 en 2021 getrou het, het reeds gesluit.

Bruide wat in Junie 2020 en 2021 getrou het, kan nog tot 2 Augustus 2021 inskryf­.

Sperdatums

  • Junie 2020 & 2021-bruide:

2 Augustus 2021;

  • Julie 2020 & 2021-bruide:

30 Augustus 2021;

  • Augustus 2020 & 2021-bruide:

13 September 2021;

  • September 2020 & 2021-bruide: 11 Oktober 2021;
  • Oktober 2020 & 2021-bruide:

15 November 2021;

  • November 2020 & 2021-bruide: 10 Januarie 2022; en
  • Desember 2020 & 2021-bruide: 14 Februarie 2022.

Skryf só in

  • Stap 1: Skep ’n Word-dokument waarin jy die volgende vrae beantwoord:

a) Waar het julle mekaar ont-moet?

b) Hoe lank ken julle mekaar?

c) Watter beroepe beoefen julle?

d) Wat is jul belangstellings?

e) Wat is jul definisie van ’n gelukkige huwelik?

f) Vertel ons van jou troue. Was daar ’n tema en wat was jou inspirasie?

g) Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?

h) Wat was jou hoogtepunt van die troue?

  • Stap 2: Heg jou Word-dokument aan ’n e-posboodskap waarin jy die volgende inligting verskaf:

a) Troudatum;

b) Bruid se volle naam;

c) Bruid se noemnaam (let wel, noemnaam, nie bynaam nie);

d) Bruidegom se volle naam;

e) Bruidegom se noemnaam (let wel, noemnaam, nie bynaam nie);

f) Woonadres;

g) Bruid se e-posadres;

h) Bruid se kontaknommer;

i) Bruidegom se e-posadres; en

j) Bruidegom se kontaknommer.

  • Stap 3: Heg ’n duidelike kop-en-skouer-foto en ’n vollengte foto van die bruid (kleur of swart-en-wit, minstens 1 MB groot en in jpeg-formaat) as ’n aanhangsel aan die e-posinskrywing.
  • Stap 4: Stuur jou inskrywing voor 12:00 op die sluitingsdag na bruide@media24.com.

Só stem jy

Wanneer ’n bruid se foto in die koerant­ verskyn, kan lesers vir hul gunstelingbruid stem deur:

  • Proses 1 (elke SMS tel 1 punt)

SMS “Bruide”, jou gunstelingbruid se naam en van, jou naam en van, waar jy woon en ook jou e-posadres na 35986.

Die SMS-lyn sal oop bly tot die Woensdag nadat die bruid se foto in die koerant verskyn het. Die lyn sluit 10:00.

Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal verreken word.

SMS-voorbeeld: BRUIDE, Sannie Smit, Tanya Kleynhans, Auckland Park, tanya.kleynhans@media24.com.

Deelnemers aan die kompetisie deur middel van stemproses 1 verleen met die gebruik van die SMS-stemme toestemming aan Media24 en sy borge om by geleentheid sy produkte en/of dienste aan hulle te bemark.

  • Proses 2 (elke stem tel 5 punte)

Ekstra koerante vir stemme van ’n bruid kan op ’n Donderdag van publisering of die Vrydag ná publise-ring by Tanya Kleynhans aange-koop word (tanya.kleynhans@media24.com).

Beeld sal die koerante aan sy Beeld in Onderwys-skoleprojek skenk.

  • Proses 3 (elke stem tel 5 punte)

Knip jou gunstelingbruid se foto uit (slegs oorspronklike foto’s word aanvaar), plak dit op ’n A4-bladsy, voeg jou adres en telefoonnommers by en koerier dit na: Bruid van die Jaar, Kingswaylaan 69, Mediapark, Auckland Park 2006.

Stemme kan ook in ’n koevert by Beeld se kantoor in Johannesburg afgelewer word: Ontvangs, Kingswaylaan 69, Mediapark, Auckland Park 2006.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.