Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Meisie (8) van Bonteheuwel wil op Spele sierskaats
Tamika van As (8, middel) van Bonteheuwel het Maandag goud op die nasionale sierskaatskampioenskappe gewen.
Tamika van As (8) met haar goue medalje.
Tamika van As (8) op die Kaapstad-lughawe op pad na Gauteng vir die kompetisie.

’n Agtjarige van Bonteheuwel droom daarvan om eendag op die Olimpiese Spele in sierskaats mee te ding.

Tamika van As het op vyfjarige ouderdom begin meeding en Maandag ’n goue medalje in haar kategorie op die sierskaats-kampioenskappe in Centurion, Gauteng, gewen.

Haar ma, Tarren van As (38), sê dit was Tamika se eerste nasionale kompetisie. Sy het vroeër vanjaar brons in die provinsiale kompetisie gewen.

“Ek kan nie beskryf hoe bly ek was nie. Jy moes net sien hoe ek aangaan,” sê Tarren.

Tarren sê Tamika het as vierjarige van skaats bewus geword.

“Ons was by GrandWest, waar haar pa tafeltennis afrig. Toe sien sy die klein ysskaatsbaan in die middel van die koswinkels en wou onmiddellik skaats,” sê Tarren.

Graham van As (54), Tamika se pa, sê dit was baie vreemd.

“Tafeltennis is my hele lewe en niemand in ons familie het al ooit sierskaats gedoen nie. Hier in Bonteheuwel is nie juis mense wat dit doen nie.”

Graham is baie trots op sy dogter.

“Ek is verskriklik trots,” sê hy. “Ek hoop sy hou aan om haar drome na te streef.”

Angus McKenzie, raadslid van Bonteheuwel, sê Tamika se prestasie is fantasties.

“Op so ’n jong ouderdom het sy die Wes-Kaap trots gemaak en gewys Bonteheuwel kan ’n positiewe bydrae lewer en na goud strewe! Ons is ongelooflik trots op haar,” sê McKenzie.

Tamika sê sy is self trots.

“Ek wil eendag ’n sierskaats-afrigter word en op die Olimpiese Spele sierskaats. Niks is onmoontlik nie, mense moet weet enigiemand kan skaats.”

Meer oor:  Bonteheuwel  |  Olimpiese Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.