Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Mej. SA pak boelie-gedrag in haar kinderboek

Mej. SA roer in haar eerste kinderboek die onderwerp van boelie-gedrag aan. Daarmee wil sy vir kinders wys hulle is nie alleen nie en dat hulle saak maak.

Die voorblad van die kinderboek in Afrikaans, 'Shudu vind haar sprankel'. Foto: Verskaf

“Niemand hoef deur te maak wat ek moes nie,” sê Mej. SA, Shudu Musida, wat as kind geboelie is omdat sy Venda is.

“Wat ek hulle wil leer, is dat dit belangrik is om met ’n volwassene te praat wat jy vertrou as iets slegs met jou gebeur. Onthou dat dit nie jou skuld is as jy geboelie word nie. Daar is niks verkeerd met jou nie.”

Musida se kinderjare en die afknouery wat sy ervaar het toe hulle na ’n nuwe provinsie verhuis het en sy na ’n nuwe skool moes gaan, het haar sterker gemaak, sê sy.

Toe sy ingeskryf het vir die Mej. SA-kompetisie het sy gesê sy is trots daarop om Venda te wees en sy was so gewild onder aanhangers dat sy die meeste stemme verwerf het en die publiek haar as die gunsteling aangewys het.

Haar kinderboek, Shudu vind haar sprankel, sal in ses Suid-Afrikaanse tale, insluitend Afrikaans, beskikbaar wees.

Die boek is gemik op kinders tussen die ouderdomme van vier en 12 jaar, en dit handel oor boelies en die belangrikheid van vriendskap.

Mense sal dit teen einde Augustus vir R95 kan koop.

“Die boek is gemik op kinders tussen die ouderdomme van vier en 12 jaar, en dit handel oor boelies en die belangrikheid van vriendskap,” sê Musida, wat oorspronklik van Ha-Masia in Venda, Limpopo, is.

“Ek hoop jong mense sal hulself in die storielyn kan raaksien en iets positiefs daaruit kan put.”

Die boek word uitgegee deur Jacana Media en die illustrasies is deur Chantelle en Burgen Thorne behartig.

Die tema van haar boek is in lyn met haar inisiatief vir die bewusmaking van psigiese gesondheid. Musida hou elke Maandag in samewerking met die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) en Discovery Vitality ’n praatjie oor geestesgesondheid op sosiale media.

Shudu Musida, Mej. SA. Foto: Verskaf

Sy sal nou ook ’n reeks virtuele praatjies met skoolkinders hou om te praat oor die boek, en sy sal ’n landwye toer (onderworpe aan die Covid-19-regulasies) onderneem om dit te bemark.

Die uitgewer en Mej. SA-organisasie sal die boek beskikbaar stel aan kinders oor die land heen deur eksemplare te skenk aan Childline en Sadag, wat kinders met kwessies soos boelie-gedrag en depressie sal help.

Nog eksemplare sal ook gegee word aan geletterdheidsorganisasies soos Biblionef, wat die boeke aan skole en biblioteke sal skenk om ’n liefde vir lees te bevorder.

“’n Stukkie van my hart is vasgevang op elke bladsy, spesiaal vir kinders geskryf,” sê Musida in ’n Instagram-plasing. “Dit is ’n verhaal van sukkel en hoop. Van val en weer opstaan, en van die ongelooflike reis wat ons die lewe noem!”

Die boek is beskikbaar in Afrikaans (Shudu vind haar sprankel), Engels (Shudu finds her magic), Sotho (Shudu O Sibolla Boikgetho ba hae), Venda (Shudu u wana Vhu?olo Hawe), Xhosa (uShudu u Fumanisa ukuba UnoMlingo) en Zoeloe (uShudu Uthola Umlingo Wakhe).

Musida sal op 16 Desember in die Coca-Cola Music Hall in San Juan, Puerto Rico, aan die 70ste Mej. Wêreld-kompetisie deelneem.

Sy hoop om te volg in die voetspore van Rolene Strauss, wat die titel in 2014 verower het.

Meer oor:  Shudu Musida  |  Mej. Sa  |  Boeliegedrag  |  Kinderboek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.