Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Mighty Families: Wen die ‘Curriebeker’ vir jou lewe

Leef ’n invloedryke en betekenisvolle lewe waarmee jy ander tot goeie omgee- en Christen-waardes motiveer en wen so die “Curriebeker” vir jou eie lewe.

So sê Franco Smith, uitgetrede afrigter van die Vrystaat-Cheetahs, wat Donderdagoggend op ’n ontbyt-geselligheid in Bloemfontein gepraat het, waar die tweede Mighty Families-byeenkoms bekend gestel is.

Hy het gesê om die Curriebeker op die rugbyveld te wen – soos wat die Vrystaat-Cheetahs vanjaar gedoen het – verg harde werk. Om die “Curriebeker vir jou lewe” te wen, verg dat jy ’n betekenisvolle lewe lei en vir ander omgee en hulle motiveer.

Die tweede Mighty Families-byeenkoms word van 4 tot 6 Oktober op Wildeals buite Bloemfontein gehou.

Net soos op die byeenkoms in Maart verlede jaar en die It’s Time-byeenkoms twee jaar gelede toe die lekeprediker Angus Buchan hier opgetree het, wil die Mighty Families-reëlingskomitee Christene van alle denominasies byeenbring om saam te aanbid.

Die Mighty Families-byeenkomste streef daarna om gesinswaardes te versterk.

Op die ontbytgeselligheid vir die bekendstelling van die tweede Mighty Families-byeenkoms buite Bloemfontein in Oktober vanjaar staan dr. Arno van Niekerk (tweede van regs), voorsitter van die Mighty Families-reëlingskomitee, met die Curriebeker in die hand. Van links by hom is Franco Smith, tot onlangs toe nog die hoofafrigter van die Cheetahs, Guillaume Oberholster, besturende direkteur en aandeelhouer van Mazars-sentraal, en Elize Pentz, vrywilliger wat ook met die reëlings gemoeid is.Foto: Lientjie Mentz

Smith het gesê om ’n betekenisvolle lewe te lei moet ’n mens aanhou goed doen aan ander en die Here in alles ken.

“Ons by die Cheetahs bid altyd voor ons wedstryde en dank die Here daarna. Maar mense moet ook vir mekaar balle op die veld van die lewe aangee. ’n Mens speel nie altyd in die lewe om te wen of net vir jouself nie, maar ook om betekenisvol vir ander te wees en om in spanverband te wen.

“Trek die liefdeskleed aan en bedien ander. Gee vir mekaar om. Mense moet weet as die Cheetahs op die veld draf, geld ’n toegevoegde waardestelsel in die span.

Bring geloof en hoop aan ander. Gebruik dit wat jy gekry het om ander mense positief te beïnvloed.”

Smith het gesê ’n mens is ’n kort tydjie hier op aarde. Mense moet dus leef tot eer van die Here en daarna streef om ander saam te neem “na daar waar ewige geluk is”.

* Dr. Arno van Niekerk, voorsitter van die Mighty Families-reëlingskomitee, sê die boodskap is kort en kragtig: “As ons ’n sterk land wil bou, moet ons sterk gesinstrukture bou.”

Bekendes wat vanjaar op die Mighty Families-geleentheid optree, is Danie Botha, Afrikaanse sanger van veral geestelike liedere; Clarice Pieterse, aktrise; Heinz en Aletté-Johanni Winckler, geestelike sanger en sy vrou, wat ook sy konsultant is; Zane Meas, akteur; Ivor Swartz, akteur; en Lindy-Ann Hopley, ’n internasionale evangelis.

Meer oor:  Mighty Families
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.